McNab vat Grondwet aan
McNab vat Grondwet aan

McNab vat Grondwet aan

Ronelle Rademeyer
Catherine Sasman

Die Basterkaptein, mnr. John McNab, sê die Rehoboth Bastergemeente (RBG) is van mening dat Afdeling 5 van die Namibiese grondwet plaas beperkende voorwaardes op dié gemeenskap as die eienaars van wat voorheen as die “Rehoboth Gebiet” bekend gestaan het. Volgens hom maak dit inbreuk op hul fundamentele menseregte en vryhede.
McNab sê in ’n verklaring Afdeling 5 is strydig met die Grondwet en is “verkeerdelik toegepas om die RBG se grond en bates te onteien”. Hy doen ’n beroep op die regering om Afdeling 5 na die hooggeregshof te verwys vir ’n “gepaste vertolking daarvan voordat goedkeuring vir enige grondtran­saksies op Rehoboth verleen word”.
Die verklaring is uitgereik aan die regering asook aan alle beleggers met belange in grond, minerale, eiendom of die flora “in die gebied van die RBG” of “gemeenskapseiendom" wat as gemeenskaplike, tradisionele grond beskou is.
Afdeling 5 bepaal onder meer dat eienaarskap van die genoemde Rehoboth Gebiet sonder betaling aan die Namibiese regering oorgedra word.
Die Basterkaptein en sy raad het hulle oor die jare vir die reg op selfbeskikking, soos wat die geval was tydens die destydse Suid-Afrikaanse apartheidsregering, beywer.
Hulle voer aan Resolusie 1514 oor dekolonisasie wat in 1961 deur die Verenigde Nasies (VN) se Algemene Vergadering aanvaar is, bepaal dat mense “slegs met hul toestemming oorheers en regeer mag word” en dat dit” ’n noodsaaklike beginsel van aksie” is.
McNab voer verder aan dat die Namibiese grondwet nie die aanvaarding van nuwe wetgewing toelaat wat fundamentele regte en vryhede skrap of aantas nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!