Mbumba: Duitsland bied te min aan

Die Duitse president kom om verskoning vra vir die volksmoord en sal die vergoeding van 1,1 miljard euro aan die parlement voorlê.
Augetto Graig
Augetto Graig – Visepresident Nangolo Mbumba het Vrydag gesê hoewel die tafel gedek is om die Duitsland-Namibië-volksmoordooreenkoms in die parlement te onderteken, is hy nie tevrede met die vergoedingsbedrag wat Duitsland aanbied nie.

Hy het joernaliste Vrydag toegespreek oor Duitsland se erkenning dat hy tussen 1904 en 1908 'n volksmoord teen die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe in die land gepleeg het. Die Duitse president, mnr. Frank-Walter Steinmeier, sal later vanjaar na Namibië reis om 'n formele verskoning aan die parlement voor te lê.

Duitsland se minister van buitelandse sake, mnr. Heiko Maas, sal na verwagting die vergoedingspakket aan die Nasionale Vergadering voorlê kort nadat dié huis van die parlement sy sitting Dinsdag weer hervat. Duitsland bied 1,1 miljard euro oor dertig jaar (N$18,06 miljard) as vergoeding aan.

Maas het reeds op 28 Mei in ’n verklaring gesê Duitsland sal van nou af die wreedhede tussen 1904 en 1908 as volksmoord beskryf. “Gegewe Duitsland se geskiedkundige en morele verantwoordelikheid, sal ons Namibië en die afstammelinge van die slagoffers om vergifnis vra,” het hy die Duitse regering ingelig.

“Betekenisvolle versoening kan nie van bo afgedwing word nie. Die misdade wat tydens die Duitse koloniale bewind gepleeg is, is lankal 'n las op ons betrekkinge met Namibië,” het hy gesê. “Ons wil Namibië en die afstammelinge van die slagoffers met 'n aansienlike heropbou- en ontwikkelingsprogram van 1,1 miljard euro ondersteun. Die gemeenskappe wat deur die volksmoord geraak word, sal 'n sleutelrol speel in die vorming en implementering van hierdie program,” het Maas gesê.

Mbumba het saam met me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, asook die hoof van die Namibiese onderhandelingspan, dr. Zed Ngavirue, die uitslag van die onderhandelinge wat reeds in 2015 met Duitsland begin het, bekend gemaak. Mbumba het die onderhandelingsproses en Namibië se standpunt dat Duitsland die volksmoord moet erken, verskoning moet vra, en vergoeding moet betaal, verduidelik.

Hy het sy stem by dié van verskeie bekende mense in die Ovaherero-gemeenskap gevoeg wat sedert Duitsland die aankondiging gemaak het, die kwantum verwerp het. "Ons moet erken dat die bedrag van 1,1 miljard euro waarop die twee regerings ooreengekom het, nie genoeg is nie en het nie die oorspronklike kwantum vir die reparasies wat aan die Duitse regering voorgelê is, voldoende in ag geneem nie," het hy Vrydag gesê.

Hierdie eise is in 2006 deur 'n mosie in die NV amptelik aanvaar, maar die Duitse regering het eers in 2015 ingestem om daaroor te onderhandel. Die bedrag van die vergoeding (kwantum) was sedertdien die hoofstruikelblok.

Vanaf 2016 tot 2021 het ’n forum van hoofmanne uit dié gemeenskappe agt keer vergader nadat hulle terugvoering van die onderhandelingspan ontvang het. Die adjunkpresident van die Bank of Namibia (BoN) en 'n lid van die onderhandelspan, mnr. Ebson Uanguta, was Vrydag ook teenwoordig om oor vorderinge met die onderhandelinge terugvoering te gee.

Duitsland het volgens hom eers 289 miljon euro aangebied, wat verwerp is. Daarna is die aanbod aangepas tot 300 miljoen euro, en later 700 miljoen euro, wat ook van die hand gewys is. “Hulle wou selfs die 700 miljoen euro as 'n lening teen lae rente bied, maar die leiers van die onderhandelingspan het die kwessie van grond voorgehou om die verdere aanbod van 895 miljoen euro af te dwing, wat steeds nie genoeg was nie. Hulle het die druk volgehou om by die 1,1 miljard euro-aanbod uit te kom,” sê hy.

Volgens Mbumba sal 1,05 miljard euro aan konstuksiewerk tot voordeel van die geraakte gemeenskappe bestee word, terwyl 50 miljoen euro vir versoening en herinnerings-, navorsings- en opvoedkundige programme gebruik sal word. Hy sê 130 miljoen euro sal aan hernubare energieprojekte bestee word, 150 miljoen euro op beroepsopleiding, 100 miljoen euro vir landelike paaie, 130 miljoen euro vir landelike watertoevoer en sanitasie, en 540 miljoen euro vir grondaankope en landbou-opleiding.
Die programme sal mense in die Khomas-, Omaheke-, Otjozondjupa-, Kunene-, Erongo-, Hardap- en ||Kharasstreek baat.

“Selfs teen miljarde kan geen bedrag geld werklik vir ’n mens se lewe vergoed nie,” sê Mbumba. Hy het gesê hoewel die bedrag onvoldoende is, het "Duitsland belangrike toegewings gemaak deur te erken dat hy 'n volksmoord op ons land gepleeg het".

"Hy het tot ’n verskoning, gevolg deur vergoeding vir die ontelbare lewensverlies, ingestem,” het Mbumba gesê.
[email protected]


FOTO’s
Die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, visepresident Nangolo Mbumba en die hoof van die Namibiese onderhandelingspan, dr. Zed Ngavirue. Foto Augetto Graig

Die president van Duitsland sal later die jaar verskoning kom vra vir die 1904-1908 volksmoord. Skedels gesteel in daai tyd was stuk vir stuk oor die algelope jare aan Namibië terug besorg. Foto argief

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.16 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.87 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.37/OZ DOWN -0.0043 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.66% | Zinc US$ 2 819.60/T UP 0.63% | Brent Crude Oil US$ 87.86/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 909.89/OZ UP +0.00% Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.16 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.87 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.37/OZ DOWN -0.0043 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.66% | Zinc US$ 2 819.60/T UP 0.63% | Brent Crude Oil US$ 87.86/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 909.89/OZ UP +0.00%