May wens Cyril geluk met oorwinning
Theresa May, die Britse premier, het pres. Cyril Ramaphosa Sondag gelukgewens met die ANC se oorwinning in Suid-Afrika se sesde demokratiese verkiesing.
“Soos wat ek verlede jaar in Suid-Afrika gesê het, sal ons ’n vooruitstrewende toekoms vir alle mense bewerkstellig wanneer ons saamwerk. Ek sien uit daarna om dié werk saam met jou verder te voer,” het May getwiet.
May se besoek aan Suid-Afrika verlede jaar het deel gevorm van haar regering se pogings om handelsbetrekkinge en ekonomiese geleenthede in Afrika te ondersoek met die oog op Brittanje wat die Europese Unie (EU) verlaat. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie