May verstom toe sy wêreld oor stokou plan warm bel

Algemene verkiesing moontlik

21 January 2019 | Internasionaal
In een woord: Stomgeslaan!

Só som die Britse media die hernude pogings van premier Theresa May op nadat sy Vrydag krisissamesprekings met EU-leiers gehou het.

Maar May kon glo met geen nuwe voorstelle vorendag kom nie.

Volgens die Express was die begin van die naweek ’n bedrywige een vir May: Sy het begin met dringende samesprekings met pres. Jean-Claude Juncker van die Europese Kommissie, waarna sy laat Vrydagnag ter elfder ure ’n groot groep ministers in die kabinet na 10 Downing Street ontbied het.

Sy het glo ook die telefone van dr. Angela Merkel, Duitse bondskanselier, en Mark Rutte, Nederlandse premier, warm gebel.

Sy kon egter nie met ’n plan B vorendag kom nie, wat Europese diplomate verstom het, berig The Telegraph.

Dit kom ten spyte daarvan dat haar plan vandeesweek met ’n marge van 230 deur die Britse parlement afgestem is.

Veral May se oproep aan Merkel het senior EU-diplomate in ongeloof gelaat.

“Dit was dieselfde ou storie – dieselfde stel eise, almal onveranderd ten spyte van haar nederlaag,” het ’n bron aan dié koerant gesê.

May het daarna ook pres. Emmanuel Macron van Frankryk en Leo Varadkar, Ierland se eerste minister, gebel – met dieselfde storie.

Sowel die Duitse as Nederlandse regerings het aangedui die oorspronklike plan kan nie verander nie, volgens die Daily Mail.

As May nie konsensus onder politieke leiers kan bewerkstellig nie, sal die wêreld se vyfde grootste ekonomie op 29 Maart die EU sonder ’n ooreenkoms verlaat óf genoodsaak wees om Brexit uit te stel.

’n Algemene verkiesing is ook moontlik en daar is ook ’n aandrang op nog ’n referendum. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Landbouminister stel oewerboere oor watervrese gerus

3 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. Alpheus !Naruseb, het vandag besoek gebring aan Desert Fruit Namibia by Komsberg op die...

Wilde perde: Drie hiënas van kant gemaak

4 ure gelede | Omgewing

Die ministerie van die omgewing en toerisme (MET) het vanmiddag (Woensdag) aangekondig dat drie van die hiënas wat op die wilde perde van die Namib...

Wilde perde: Jongste vul reeds aangeval

21 ure gelede | Ministeries

Tanja Bause - Enige hoop op oorlewing van die Namib se wilde perde krimp al meer, terwyl die ministerie van die omgewing en toerisme na...

Leerlingdokters 'van swakker gehalte'

21 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Namibië bestee al ses jaar lank geld aan die opleiding van mediese studente in die buiteland.Volgens mnr. Cornelius Weyulu, registrateur van die...

Regulasies vir loterye en dobbel kom

21 ure gelede | Toerisme

font face="Verdana" >Francoise Steynberg - Alle rolspelers in die lotery- en dobbelbedryf moet landswye openbare werkwinkels bywoon sodat regulasies volgens nuwe wetgewing opgestel kan...

Gesondheidsmanne vas oor hospitaaltender

21 ure gelede | Ministeries

Twee administratiewe beamptes van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se kantoor op Otjiwarongo is op borgtog van N$5 000 elk vrygelaat ná hulle...

Weer, Woensdag 20 Februarie 2019

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die verre noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele reënbuie in die...

Twee kinders met stok doodgeslaan

21 ure gelede | Misdaad

’n Angolese burger is in hegtenis geneem ná hy twee minderjarige kinders na bewering doodgeslaan het en hul ouma ernstig gewond het. Die voorval het...

Weerwaak teen hitte uitgereik

21 ure gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor sê die kanse op reën is besig om te verbeter in die noordwestelike dele van die land, asook in die Khomasstreek, waar...