May moet volgende week sê oor uittrede
May het belowe om terug te staan as wetmakers die ooreenkoms steun wat sy met Brussel gemaak het om die Europese Unie te verlaat.
Theresa May, Britse premier, moet volgende week ’n datum vir haar uittrede vasstel wanneer sy met leiers van ’n groep wetmakers in die Konserwatiewe Party vergader om haar toekoms te bespreek, het die groep se voorsitter Saterdag gesê.
Graham Brady, voorsitter van die 1922-komitee, wat die lot van partyleiers kan bepaal, het aan BBC Radio gesê May is gevra om “duidelikheid” op Woensdag se vergadering te gee nadat sy daarin misluk het om haar Brexit-plan in die parlement te laat slaag.
“Dit sal baie vreemd wees as daar nie ’n duidelike idee is van wanneer sy sal bedank teen die einde van daardie vergadering nie,” het hy gesê.
May het belowe om terug te staan as wetmakers die ooreenkoms steun wat sy met Brussel gemaak het om die Europese Unie te verlaat.
Maar die premier het met drie pogings om die plan deur die parlement goedgekeur te kry, misluk.
Die nederlaag is toegedien deur wetmakers in haar eie party wat ’n baie omvattender breuk van Brussel wil hê, asook diegene wat ’n tweede referendum vra om die proses om te keer.
Brady, hoof van die groep wat oor die party se leierskapstryd toesig hou en die agterbankers verteenwoordig, het gesê hy het gedink May is traag om ’n datum vir haar uittrede vas te stel weens die impak wat dit op ’n toekomstige Brexit-stemmery kan hê.
“Ek dink die swygsaamheid spruit uit kommer dat die belofte om teen ’n sekere tyd te gaan, dit dalk minder waarskynlik sal maak dat sy parlementêre goedkeuring vir die onttrekkingsooreenkoms sal kry,” het hy gesê.
Die spanning in die Konserwatiewe Party het toegeneem nadat May nie daarin kon slaag om Brexit teen die aanvanklike sperdatum van 29 Mei deur te voer nie.
Die premier het sedertdien gepraat met die Arbeiders, haar amptelike opposisie, om ’n middeweg te probeer vind voor die volgende keerdatum in Oktober.
Die dooiepunt het albei die partye vroeër vandeesmaand in die plaaslike verkiesings skade berokken, en daar kan ’n soortgelyke impak wees wanneer die Europese parlementsverkiesing op 23 Mei gehou word.
Jeremy Hosking, een van die Konserwatiewe Party se prominentste geldskieters, het aan die Financial Times gesê hy het £200 000 aan Nigel Farage se Brexit-party geskenk omdat die Europese verkiesing nou outomaties ’n tweede referendum vir Brexit geword het. – Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie