Matriekpartytjie eindig in tragedie
Drie seuns het ná 'n matriekafskeid op Keetmanshoop gesterf.
Francoise Steynberg
Dit is maar die begin van matriekafskeidfunksies landswyd en drie Suide-seuns het Saterdag ná 'n partytjie op Keetmanshoop gesterf.
In twee afsonderlike voorvalle is 'n 19-jarige Saterdagoggend ná 'n matriekafskeid se partytjie dood in sy bed gevind en twee seuns se lewe is in 'n ongeluk tussen Keetmanshoop en Berseba geëis.
Volgens die koördineerder van misdaadondersoeke in die ||Kharasstreek, adj.komm. Chrispin Mubebo, het tien tieners in 'n klein sedan glo van 'n deurnagpartytjie af ná die vorige aand se matriekafskeid van die Sekondêre Skool P.K. de Villiers op Keetmanshoop Saterdag na Berseba gereis.
Die 16-jarige Laurentius Fredericks, wat volgens die polisie die sedan bestuur het, en Geraldo Plaatjies (15), het op die toneel gesterf.
Mubebo sê die ongeluk het omstreeks 14:30 sowat 30 km buite Keetmanshoop plaasgevind toe Fredericks beheer oor die voertuig op die grondpad verloor en dit omgeslaan het.
“Die bestuurder het nie 'n rybewys nie,” het Mubebo bygevoeg
“Die agt ander insittendes het ligte tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is in die Keetmanshoop-staatshospitaal opgeneem en diegene met ernstige beserings is na Windhoekse hospitale oorgeplaas,” het Mubebo gesê.
Die beseerdes is Godfried Bock en Jayden Esterhuizen (albei 15), Rezenzo Bock, Sylvanus Jossob, Franklin Esterhuizen en Lloyd Jacobs (almal 16) en Innacios Jacobs en Berend van Staden (albei 17).
“Die polisieondersoek duur voort. Al die beseerdes sal ondervra word, waarna klagte moontlik aanhangig gemaak kan word,” het Mubebo bevestig.
In die ander voorval is Ketu Inkono (19) glo in sy slaap oorlede.
Volgens Mubebo het Inkono ook die partytjie ná dieselfde matriekafskeid bygewoon en omstreeks 02:30 Saterdag by sy huis aangekom en gaan slaap.
“Hy het verlede jaar hoërskool voltooi en die partytjie saam met vriende bygewoon. Toe sy ma hom Saterdag omstreeks 08:00 wou wakker maak, het hy nie gereageer nie,” het Mubebo gesê.
Sy ma het hom hospitaal toe geneem waar hy dood verklaar is.
“'n Nadoodse ondersoek sal uitgevoer word om die oorsaak van Inkono se dood te bepaal, want volgens sy familie het hy nie enige siektes onder lede gehad nie.”
Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie