Matriekpartytjie eindig in tragedie

10 insittendes in sedan

21 August 2018 | Ongelukke
Francoise Steynberg



Dit is maar die begin van matriekafskeidfunksies lands­wyd en drie Suide-seuns het Saterdag ná 'n partytjie op Keetmans­hoop gesterf.

In twee afsonderlike voorvalle is 'n 19-jarige Saterdagoggend ná 'n matriekafskeid se partytjie dood in sy bed gevind en twee seuns se lewe is in 'n ongeluk tussen Keetmanshoop en Berseba geëis.

Volgens die koördineerder van misdaadondersoeke in die ||Kharasstreek, adj.komm. Chrispin Mubebo, het tien tieners in 'n klein sedan glo van 'n deurnagpartytjie af ná die vorige aand se matriekafskeid van die Sekondêre Skool P.K. de Villiers op Keetmanshoop Saterdag na Berseba gereis.

Die 16-jarige Laurentius Fredericks, wat volgens die polisie die sedan bestuur het, en Geraldo Plaatjies (15), het op die toneel gesterf.

Mubebo sê die ongeluk het omstreeks 14:30 sowat 30 km buite Keetmanshoop plaasgevind toe Fredericks beheer oor die voertuig op die grondpad verloor en dit omgeslaan het.

“Die bestuurder het nie 'n rybewys nie,” het Mubebo bygevoeg

“Die agt ander insittendes het ligte tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is in die Keetmanshoop-staatshospitaal opgeneem en diegene met ernstige beserings is na Windhoekse hospitale oorgeplaas,” het Mubebo gesê.

Die beseerdes is Godfried Bock en Jayden Esterhuizen (albei 15), Rezenzo Bock, Sylvanus Jossob, Frank­lin Esterhuizen en Lloyd Jacobs (almal 16) en Innacios Jacobs en Berend van Staden (albei 17).

“Die polisieondersoek duur voort. Al die beseerdes sal ondervra word, waarna klagte moontlik aanhangig gemaak kan word,” het Mubebo ­bevestig.

In die ander voorval is Ketu Inkono (19) glo in sy slaap oorlede.

Volgens Mubebo het Inkono ook die partytjie ná dieselfde matriekafskeid bygewoon en omstreeks 02:30 Saterdag by sy huis aangekom en gaan slaap.

“Hy het verlede jaar hoërskool voltooi en die partytjie saam met vriende bygewoon. Toe sy ma hom Saterdag omstreeks 08:00 wou wakker maak, het hy nie gereageer nie,” het Mubebo gesê.

Sy ma het hom hospitaal toe geneem waar hy dood verklaar is.

“'n Nadoodse ondersoek sal uitgevoer word om die oorsaak van Inkono se dood te bepaal, want volgens sy familie het hy nie enige siektes onder lede gehad nie.”

Die polisieondersoek duur voort.

Soortgelyk

 

Gesondheidswerkers steeds werkloos

2 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - Byna twee jaar ná hulle opleiding as gesondheidswerkers by die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) ontvang het, sit dié werkers...

Reën bring blydskap én skade

2 ure gelede | Weer

Tanja Bause - Die afgelope naweek se goeie reëns het ook ’n keersy gehad.’n Intercape-bus het, sowat 45 km van Keetmanshoop af op pad na...

Swapo-strydros sterf

2 ure gelede | Mense

Tanja Bause – Namibië se voormalige ambassadeur in die Benelux-lande is Vrydag op Swakopmund oorlede.Mnr. Hanno Burkhard Rumpf het op 15 September verlede jaar sy...

Weer vir 11 Februarie 2019

2 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele tot geïsoleerde donderbuie oor die oostelike helfte van die land. Elders sal dit...

Kommer oor Etegameno se toe deure

2 ure gelede | Gesondheid

Catherine Sasman - Ondanks die reuseprobleem van middelafhanklikheid in die land is die enigste staatsrehabilitasiesentrum, Etegameno, se deure sedert April 2018 gesluit.Die kabinet het wel...

Commemorative Jaguar XJ50 edition makes its SA debut

2 ure gelede | Motors

Jaguar’s new XJ50, a special edition XJ sedan marking five decades of trademark luxury, performance and technology, is now available in South Africa.Unique exterior enhancements...

Is wyn ná bier iets om te vier? ...

2 ure gelede | Landbou

Bloomberg – Jy het dalk al die Duitse spreuk gehoor: Wein auf Bier das rat ich Dir, Bier auf Wein das lass sein?Dit kom daarop...

Duisende vlug voor vlamme in Nieu-Seeland

2 ure gelede | Internasionaal

’n Verwoestende bosbrand op Nieu-Seeland se Suid-Eiland sal na verwagting Sondag vererger weens ’n stormsterk wind wat die vlamme aanblaas.Duisende inwoners moes reeds hul huis...

Trop ysbere neem Russiese eiland oor

2 ure gelede | Internasionaal

Inwoners van ’n afgeleë Russiese eiland het splinternuwe probleme nadat ’n trop ysbere die eiland oorgeneem het.Owerhede op Nova Zembla, noord van Rusland in die...