Matongo-familie verras met nuwe album
Die Matongo-familie het onlangs vir ’n verrassing en groot opwinding gesorg. Hulle hul nuwe aanlyn album, getiteld Encore, deur middel van ‘n video saam met Maszanga bekend gestel het.
Die album wat uit sestien liedjies bestaan, bevat sewe nuwe oorspronklike liedjies en goue treffers uit hul vorige albums.
Die familie het hierdie keer saam met bekroonde vervaardigers kragte saamgespan om ‘n topklas produk te lewer. Onder meer het Glo, Araffath, Dj Dozza and of course Damara Dik Ding almal ‘n bydrae tot Encore gehad.
Ander kunstenaars en hul kenmerkende klanke wat op die nuwe album gehoor kan word is Tswazis, Sunny Boy, Brumeldha, Max-T en Melissa met hul nuutste treffer “Let’s Go”.
Die lang wag is verby, en mnr. Makoya?? het sy dank aan aanhangers uitgespreek. Die Matongo-familie het drie jaar laas nuwe musiek uitgereik. 'Die wag is beslis die moeite werd, ouens. Soos u weet, bly ons aan ons styl getrou en Namibië kan weer na 'n goeie Matongo-album luister,' het hy gesê. Die groep het gekies om die album eers aanlyn beskikbaar te stel ter ondersteuning van Donluafrica.com, wat veral vir Namibiese musiek voorsiening maak en ondersteuners aanmoedig om eers die digitale roete te volg, voordat CD-kopieë beskikbaar gestel word. Die CD sal wel op 23 November tydens hul #savekatuturahall-inisiatief beskikbaar wees. Die #savekatuturahall-inisiatief is deur die groep begin en beoog om N$400 000 in te samel, met die doel om die Katutura-saal wat al 54 jaar oud is te verbeter. Die album sal jou N$100 kos of individuele liedjies kan teen N$10 gekoop word. “Dit stel die aanhangers in staat om net hul gunstelingliedjie vir eers te koop. En in ‘n later stadium die hele album aan te skaf.”
Die album sal eksklusief vir die maand van November op Donluafrica beskikbaar wees, voordat dit op alle ander digitale platforms en op CD beskikbaar gestel sal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie