Maties kou klippe vir sege
Rugby
Francois de Wet
Die Maties moes Maandagaand 70 minute swoeg en sweet voordat hulle die Madibaz in 'n wedstryd in die Varsitybeker-rugbyreeks in Stellenbosch met 35-16 kon klop.
Die Maties het in die laaste 10 minute van die kragmeting die hef in die hand gekry nadat die besoekers van die Nelson Mandela-Universiteit tot 13 spelers beperk is.
Die Madibaz-losvoorspelers Stephan Niewoudt en Bakkies Brown het kort ná mekaar in die afkoelstoel gaan sit toe die skeidsregter hulle weens onwettige spel by die afbreekpunte geelkaarte gewys het.
Die besoekers het voor die geelkaarte nog 'n kans gestaan om die wedstryd te wen, met nie een van die spanne wat regtig vir lang periodes die hef in die hand gehou het nie.
Die eerste kwartier was omtrent 'n armdruk tussen die twee spanne wat deur rotsvaste verdediging gekenmerk is.
Thomas Kean, die Madibaz-losskakel, het met 'n strafdoel kort voor die eerste strategiese ruskans sy span die voortou gegee.
Kort daarna het dit gelyk asof die Maties hul mojo begin vind toe hul skrumskakel, Brendon Nell, van 'n losskrum oor die Madibaz se doellyn oorgeduik het.
Herhaaldelike strafskoppe teen die Madibaz het ook aan die Maties groot voordeel besorg, maar die maroentruie kon net nie daarop kapitaliseer nie.
Die Madibaz het die middelmatigheid uitgebuit en 'n drie gedruk toe die slot Wynand Grassman met kragspel oor die doellyn gebars het.
'n Tweede strafdoel voor die rustydfluitjie deur Kean het die besoekers met 11-5 as die voorlopers na die kleedkamer sien draf.
Met die wind in die tweede helfte agter die tuisspan se rûe het Nell en die Maties se slot Ian Groenewald drieë gedruk wat verdoel is.
Die Madibaz wou nie bes gee nie en hul oopkantflank, Niewoudt, het met 'n drie seker gemaak dat die laaste 20 minute vir 'n senutergende einde sou sorg.
Dit is egter toe die geelkaarte uitgedeel was en die Maties met vyf minute oor kon seker maak dat hulle nie verbygesteek kan word nie. Die kaptein en heelagter, Craig Barry, het sy span se vierde drie gaan druk om die oorwinning met 'n bonuspunt te verseker.
Om verder sout in die Madibaz se wonde te vryf, het die Maties-buitesenter, Michal Haznar, ook kort voor die einde die tuisspan se vyfde gaan druk.
Puntemakers
Maties 35 (5) Drieë: Brendon Nell (5, 7), Ian Groenewald (5), Craig Barry (5), Michal Haznar (5). Doelskoppe: Chris Smith (8).
Madibaz 16 (11) Drieë: Wynand Grassman (5), Stephan Niewoudt (5). Strafdoele: Kean (6).– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie