Mathys se plek leeg ná dapper stryd

Motorneuronsiekte het Namibië van ’n geliefde rugbyfiguur en inspirerende onderwyser ontneem.
Andrew Poolman
Andrew Poolman

Reëlings vir ’n geleentheid op 8 Januarie 2022 by Wanderers-sportklub ter viering van die bekende oudrugbyspeler Mathys van Rooyen se lewe sal later bevestig word.

Van Rooyen is afgelope Vrydag by sy huis op Mariental dood ná die moedige stryd teen aggressiewe motorneuronsiekte waarmee hy gedurende 2019 gediagnoseer is. Hy sou komende Saterdag op Kersdag sy vyftigste verjaarsdag gevier het.

As rugbyspeler en later afrigter en onderwyser was Van Rooyen ’n uiters gewilde figuur en Namibiërs van oral het die afgelope dae in die sosiale media hul diep meegevoel met sy gesin en familielede se voortydige verlies verwoord.

Geen kuur bestaan vir dié siekte wat ook die Springbok-skrumskakel en drieëmasjien Joost van der Westhuizen in 2017 op ’n jong leeftyd van 45 jaar geëis het nie.

Van Rooyen kon sedert verlede jaar nie meer loop nie en het ook toenemend gesukkel om te eet, te praat en asem te haal, namate die senuwees wat die boodskap van sy brein na alle spiere moes oordra, doodgegaan het.

Mathys het as losvoorspeler in nege toetse vanaf 1996 tot 1999 uitgedraf, insluitend die 1999 Wêreldbeker en die vorige jaar se kwalifiserende toernooi in Marokko, asook in gereelde provinsiale reekse teen Suid-Afrikaanse spanne. Ongeag of hy saam met Quinn Hough, Schalk van der Merwe, Herman Lintvelt of Sybrand de Beer gespeel het, het ’n lostrio met Van Rooyen in altyd die wêreld vir enige opponent warm gemaak.

Sy onderwysloopbaan het wye draaie gemaak van Rawsonville tot Hoërskool Mariental, waar hy vanaf 2000 tot 2007 van wetenskap tot voorligting gegee het.

Tussendeur het hy ywerig rugby afgerig en dieselfde passie vir die spel oorgedra waarmee hyself gespeel het, onder meer die Namibiese o.19-Wêreldbekerspan van 2006 saam met Riaan Jantjies, asook Mariental se dorpspan.

Sy nalatenskap sluit die kleiner plattelandse skolespanne in wat hy tot die uitklopfase van die Momentum o.19-Superliga-trofee geneem het. Van Mariental Hoërskool wat in 2001 deur Windhoek Hoërskool in die finaal geklop is, tot in 2016 toe die Privaatskool Elnatan in die laaste minute van die semifinaal deur Windhoek Affies uitgeskakel is.

Michael Durant, stigter van die M7-trust wat die Van Rooyens met die koste vir sy behandeling bygestaan het, sê: “Van die Trust se kant af wil ons vir elke liewe persoon uit ons harte baie dankie sê wat die pad saam met ons gestap het. Ons sou dit nie sonder julle kon gedoen het nie.

“In moeilike tye waar Covid alles oorheers het en waar baie plekke en mense finansieel onder druk was, het ons steeds daarin geslaag om fondse in te samel wat dit vir Mathys en sy familie meer gerieflik gemaak het. Baie dankie aan elkeen wat bydraes gemaak het. Ook van sy familie se kant af, baie dankie aan elkeen se oproep, SMS of WhatsApp; dit word opreg waardeer.”

Mathys laat sy vrou Adél, dogters Mienke en Amé en seun Dreyer agter. Die familie hou môre om 12:00 ’n kleinerige troosdiens naby Mariental, voor die ope geleentheid volgende maand by Wanderers.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.06 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.33/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.96% | Zinc US$ 2 832.60/T UP 0.42% | Brent Crude Oil US$ 87.17/BBP DOWN -0.0061 | Platinum US$ 938.43/OZ DOWN -0.0017 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.06 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.33/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.96% | Zinc US$ 2 832.60/T UP 0.42% | Brent Crude Oil US$ 87.17/BBP DOWN -0.0061 | Platinum US$ 938.43/OZ DOWN -0.0017