'Massiewe veldbrand' woed al tien dae om en in Etosha
Ronelle Rademeyer - Mintens 31 plase tussen Outjo en Otavi het reeds sedert 8 September gedeeltelik of volledig afgebrand, met die reuseveldbrand wat ook van die Ombika-teerpad af tot by Halali in Etosha en oos van dié ruskamp versprei het.
Mnr. Piet Gouws, president van die Namibië Landbou-unie (NLU) wat by Outjo boer, sê die “massiewe vuur het oor breë brandpaaie gespring”.
“Hierdie sluit nie die plase in wat tydens vorige veldbrande by Kamanjab, Otjikondo, Biermanskool, in die omgewing van die Ugabrivier, die Paresisberge en by Outjo gebrand het nie,” sê hy.
Mnr. Jannie van Niekerk het op Facebook gesê hy hoop die boere aan die oostekant van Etosha kry dit gestop, “want dit is nou massief groot”. “Tot nou (het) al amper 500 000 ha afgebrand,” skryf hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie