• Tuisblad
  • Sport
  • Masilingi en Mboma kwalifiseer beide vir IAAF-skouspel in Kenia

Masilingi en Mboma kwalifiseer beide vir IAAF-skouspel in Kenia

Laas naweek se byeenkoms op Grootfontein word as 'n groot sukses bestempel.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Grootfontein se indrukwekkende naellopers Beatrice Masilingi en Christine Mboma het van die beste prestasies behaal toe Atletiek Namibië en Coca-Cola se Grand Prix-reeks vir klubs die naweek van stapel gestuur is.

Masilingi en Mboma is beide skoolmeisies van Agri Kollege en die aanbieding van die byeenkoms in hul agterplaas by Rietfontein het dus so reg in hul kraal geval.

Masilingi was onstuitbaar met oorwinnings in die 100, 200 en 400 meter, met goeie wentye van onderskeidelik 12.09 sekondes (haar uitduntyd was nog vinniger, 11.7), 24.05 en 54.10. Sy het dus haar kwalifikasie vir die IAAF junior wêreldkampioenskap in Nairobi (7 tot 12 Julie) in elkeen van die drie naellope verseker.

Die item waarin Mboma eintlik spesialiseer, die 800, is nie aangebied nie en gevolglik het sy haar skool- en klubmaat van QSB Windhoek Hochland in die 400 voluit uitgedaag. Die uiteinde is dat beide toe in dié naelloop die kwalifiserende tyd vir Nairobi oortref het (54.85).

Mboma se tweede plek was in 54.80 sekondes en hoewel Masilingi tot heelwat vinniger in staat is, moet onthou word dat sy toe reeds wenpogings in die 100 én 200 gelewer het.

“Ek het vooraf vir Beatrice gesê dat sy dit in die 400 maar rustig kan vat, maar toe Christine haar begin druk, het sy ook gereageer en versnel. Beatrice se mikpunt is om vanjaar haar beste tyd om die baan tot minder as 52 sekondes te snoei,” sê mnr. Henk Botha, organiseerder en afrigter van beide die meisies.

Mboma se tweede goud vir die dag was in die 1500 meter, in 5:00,33.

Mahmad Bock het in die 400 meter 'n uitstekende tyd van minder as 45 sekondes aangeteken – hoewel die Unam-hardloper agterna gediskwalifiseer is nadat hy glo vanaf 'n verkeerde plek weggespring het. Amptelik is die eerste plek dus aan Eugene van Kradenburg (Rehoboth, 49.74) toegeken.

Bock het die 200 meter ook gemaklik gewen in 21.36 sekondes, om vir Sandro Diergaardt (21.45) en Ernst Narib (21.58) sy hakskene te wys.

Die mans 100-titel is deur Jesse Uri-khob (Nampol) losgehardloop, wat die afstand in 10.68 sekondes afgeblits het om voor Ernst Narib (Nampol, 10.71) en Valencio Cloete (Unam, 11.03) te bly.

Uitstaande prestasies in die veld­items was dunner gesaai. Hitjivirue Kaanjuka, tevore 'n 100- en 200-atleet op wêreldvlak, het in die Nampol-kleure die gewigstoot met 11.23 meter gewen. Organiseerders wys daarop dat hoewel die seisoen reeds in die laaste maande van verlede jaar begin het, die Namibiërs meestal eers van Januarie af hul beste peil begin bereik.

“Atletiek Namibië kan 'n klop op die skouer kry vir 'n goeie byeenkoms by die nuwe Rietfontein-baan.

“Die direktoraat van jeug asook die organiseerders Henk Botha en Bethold Karumendu het die baan mooi skoon gemaak en het meegewerk om alles mooi te laat vlot.

“Die terugvoer van die atlete was dat hulle dit baie geniet het om op die baan te hardloop,” sê me. Leoni van Rensburg.

• Die tweede byeenkoms in AN en Coca-Cola se Grand Prix-reeks is bestem vir 22 Februarie op Otjiwarongo. Swakopmund sal op 7 Maart aan die beurt kom en Windhoek op 28 Maart.



GELDENHUYS WEN IN GAUTENG

Nog 'n skoolseun, Ivan-Danny Geldenhuys, was die derde Namibiër wat die kwalifiserende peil vir die IAAF junior wêreldkampioenskap behaal het.

Geldenhuys het Saterdag in Johannesburg aan 'n 400 meter-wedloop deelgeneem (die Pumas School of Speed-byeenkoms) en het die eerste posisie in 47.64 sekondes ingeneem.

“Ivan is vanjaar onder 19, terwyl Beatrice en Christine nog maar o.17 is en dus nog beter kan vaar wanneer hulle ook op gelyke voet in daardie ouderdomsgroep meeding,” sê Van Rensburg.

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.03 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.23 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.12/OZ DOWN -0.0136 | Copper US$ 4.39/lb DOWN -0.0158 | Zinc US$ 2 783.30/T DOWN -1.79% | Brent Crude Oil US$ 86.54/BBP DOWN -0.0073 | Platinum US$ 905.97/OZ DOWN -0.0162 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.03 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.23 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.12/OZ DOWN -0.0136 | Copper US$ 4.39/lb DOWN -0.0158 | Zinc US$ 2 783.30/T DOWN -1.79% | Brent Crude Oil US$ 86.54/BBP DOWN -0.0073 | Platinum US$ 905.97/OZ DOWN -0.0162