Masels-uitbreking nou wêreldwyd

Styging van 700% in Afrika

18 April 2019 | Afrika
Masels het in die eerste drie maande vanjaar met 300% wêreldwyd toegeneem teenoor dieselfde tyd verlede jaar, sê die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).Die WGO het ook sy kommer uitgespreek oor veldtogte wat veral op sosiale media gevoer word teen die inenting van babas.Masels, wat hoogs aansteeklik is, kan heeltemal voorkom word deur twee dosisse entstof, berig The Guardian.

Die toename van 300% volg op toenemende getalle oor die laaste twee jaar, sê die WGO in ’n verklaring.

Talle lande sit op die oomblik met redelike groot maselsuitbrekings. Die WGO glo dat net een uit tien gevalle van masels aangemeld word, dus is die situasie erger as wat dit lyk.

Die siekte veroorsaak dat baie mense doodgaan, veral jong kinders, berig Health24.

AANGEMELD IN 170 LANDE

Lande wat op die oomblik onder masels deurloop, is die Demokratiese Republiek die Kongo, Ethiopië, Georgië, Kazachstan, Kirgistan, Madagaskar, Mianmar, die Filippyne, Soedan, Thailand en die Oekraïne.

Altesame 170 lande het 112 163 gevalle aangemeld. Die siekte het die meeste in Afrika gestyg, naamlik met 700% en daarna Europa met 300%. Die toename in die Oostelike Mediterreense gebied is met 100%, die Amerikas met 60% en in Suidoos-Asië met 40%.

Die uitbreking is die ergste in Madagaskar waar 69 000 gevalle aangemeld is. Meer as 1 200 is al dood, maar die WGO sê ’n inentingsveldtog daar begin nou vrugte afwerp, berig Global News.

Masels het in 2017 byna 110 000 mense se dood veroorsaak. Dit is die laaste syfers wat die WGO beskikbaar het. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Raad sit oor polisiehoof

5 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) sou gisteraand vir mnr. Abraham Kanime as hoof van die stadspolisie heraangestel het.Kanime is in Maart verlede jaar...

Windhoek droogste in 90 jaar

5 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer - Die 2018-’19-reënseisoen sal vir die oorgrote deel van die land in die geskiedenisboeke opgeteken staan as van die droogste in menseheugenis.Die statistiek...

Katrina se lot gou bepaal

5 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Onder gewone omstandighede is die staat se verantwoordelikheid om skuld bo redelike twyfel te bewys.In die geval van die oudgoewerneur van die...

Regstelling oor Zenobia Kloppers

5 ure gelede | Kuns en vermaak

Republikein het gister verkeerdelik berig Zenobia Kloppers, die bekende Namibiese aktrise en sanger wat die hoofrol in die rolprent Fiela se kind losgeslaan het, is...

Minder studente ondersteun

5 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig - Die nuus dat bestaande en voornemende studente minder finansiële steun gaan ontvang, is ’n teleurstelling. So sê me. Ester Simon, president van...

Lodge heropen binnekort vir Visrivier-voetslaners

5 ure gelede | Toerisme

Namibia Wildlife Resorts (NWR) se Hobas Lodge het vroeg Februarie kitsvloede ervaar wat tot skade gelei het, maar die lodge sal op 1 Junie weer...

Charles Namiseb eindelik gestraf

5 ure gelede | Howe

Die tweede misdadiger en verkragter wat in 2010 vir die aanval op ‘n bejaarde egpaar van Uis verantwoordelik was, is gevonnis.Die eens voortvlugtige en berugte...

Aansoek vir toerisme-ontwikkeling by Meobbaai

5 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Die Namab-toeragentskap het planne om Meobbaai as toeristeaantreklikheid te ontgin.Die agentskap het ‘n aansoek vir ‘n omgewingsklaringsertifikaat vir die bou van ‘n...

Hulp sonder oordeel

5 ure gelede | Mense

Tanja Bause - “Ek het ‘n verkeerde pad geloop – een van verwoesting. Eendag het ek besef ek kan nie meer so aangaan nie....