Masels neem met 700% toe in Afrika
Masels neem met 700% toe in Afrika

Masels neem met 700% toe in Afrika

Die Demokratiese Republiek die Kongo en Ethiopië het tans grootskaalse uit­brekings van masels.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die voorkoms van masels in die Afrika­streek met sy 47 lidlande van die Wêreldgesondheids­organisasie (WHO) het met 700% gestyg.

Voorlopige globale data wys die aangemelde gevalle in die eerste drie maande van die jaar het met 300% toegeneem, vergeleke met ­dieselfde tydperk verlede jaar. Dit volg op twee opeen­volgende stygings die ­afgelope twee jaar.

In 2017 is 72 603 in die Afrikastreek ­aangeteken teenoor die 36 269 in 2016.

Volgens die jongste ­statistiek van die WHO was daar wêreldwyd 'n 300%-styging in die voorkoms van die siekte. In die ­Amerikas was dit 60%, die Europese streek 300% en die Oostelike Mediterreense streek 100%, met stygings van 40% in Suidoos-Asië en die Westelike Stille Oseaan-gebied. Globale beramings vir totale gevalle en sterftes word verwerk wanneer die organisasie alle lande se data vir die vorige jaar verwerk het.

Uitbrekings

Hoewel dit voorlopig en nog nie voltooi is nie, dui die jongste inligting van die WHO op 'n duidelike tendens.

Die WHO sê baie lande is midde-in maselsuitbrekings met al die streke in die wêreld wat volgehoue stygings in gevalle toon.

Die huidige uitbrekings sluit dié in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), Ethiopië, Georgië, Kirgistan, Madagaskar, Mianmar, die Filippyne, Soedan, Thailand en die Oekraïne in.

Volgens die WHO het die styging in die aantal gevalle die afgelope paar maande ook in lande voorgekom wat 'n hoë immuniseringsdekking het, wat Amerika, Israel, ­Thailand en Tunisië insluit.

Die siekte versprei vinnig onder groepe wat nie ingeënt is nie.

Die organisasie maan masels is een van die wêreld se mees aansteeklike siektes. In 2017 het dit sowat 110 000 sterftes veroorsaak. Selfs in hoë-inkomstelande lei komplikasies tot hospitalisasie in 'n kwart van die gevalle. Dit kan tot lewenslange gestremdheid lei wat wissel van brein­skade en blindheid tot ­gehoorverlies.

Die WHO ­beklemtoon die siekte is bykans ­heeltemal voorkombaar deur die toedien van 'n veilige en 'n doeltreffende entstof.

Maselsentstof

Die globale dekking met die eerste dosis van maselsentstof staan egter reeds verskeie jare op 85%, 10% kort van die 95% wat nodig is om uitbrekings te voorkom. Die dekking van tweede doserings staan op 67%, hoewel die dekking styg.

Danksy noodimmuniseringsveldtogte wat sewe miljoen kinders vanaf die ouderdom van ses maande tot nege jaar geteiken het, verwys die WHO na Madagaskar wat nou 'n algehele afname in die aantal maselsgevalle en –sterftes toon.

Die WHO maan reaksie tot masels vereis 'n reeks benaderings wat onder meer verseker alle kinders kry betyds hul immuniserings. Voorts moet dekking van die tweede dosering entstof wêreldwyd verhoog om 'n bevolking se beskerming teen die siekte te verdubbel. Tans, sê die WHO, moet 25 lande nog die tweede dosering deel van hul noodsaaklike immuniseringsprogram maak.

Data

Die organisasie maan die aantal maselsgevalle wat WHO-lidlande aanmeld, is slegs teen Julie die volgende jaar beskikbaar. Hoewel dit 'n sterk aanduiding van ­algehele tendense verskaf, is maandelikse data voorwaardelik en onvolledig omdat baie lande, veral dié wat grootskaalse uitbrekings het, steeds besig is om data in te stuur.

Weens vertragings in die aanmeld van gevalle en sterftes, kan daar daarom teenstrydighede wees tussen wat in verslae voorgestel word en wat direk uit lande gerapporteer word, het die WHO gemaan.

Die aantal gevalle wat in globale beramings aangedui is, kan ook ­aansienlik hoër wees as dié wat aangemeld is. Die WHO beraam dat minder as een in 10 gevalle wêreldwyd gerapporteer word.

Tot op hede het 170 lande 112 163 masels­gevalle by die WHO aangemeld. Verlede jaar die tyd was daar 28 124 gevalle van masels in 163 lande.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!