Ma’s weet ook nie alles nie

15 July 2019 | Rubrieke
Arme Spruit.

Haar ma is nie altyd baie mooi met haar nie.

Soos nou Saterdag. Ons wou nog Harry Potter and the Half Blood Prince kyk toe Spruit van die bank af opstaan en sê haar een oog is blurry. Vee net jou oog uit, sê ek, wat reeds op my rug op die bank lê en ’n paar vet slukke van my Radler geneem het. Ek’s mos nou nie lus vir sukkel nie. Naweke is kort en gebeur net ’n paar keer ’n maand. En ’n stil naweek waarop niemand nêrens hoef te wees nie, gebeur amper nooit.

Nee, sê Spruit, dis nie daai soort blurry nie. Dis blurry blurry, sê sy met ’n bietjie van ’n panic in haar stem. Hou net op sukkel, sê ek. Ontspan net. Ek sluk nog bier.

Spruit begin huil.

Sy’t ’n moerse pyn agter die oog wat blurry is, sê sy. En sy’s naar en duiselig.

F*k tog, dink ek ongeduldig. Ek kan mos nou nie sulke simptome ignoreer nie. Wil jy hospitaal toe gaan, vra ek? Nee, sê Spruit, maar hou nie op huil nie.

Kom ons gaan net, sê ek, wat toe intussen my pantoffels en sweetpakbroekie af- en uitgepluk het en in my jeans ingespring het ná ek die erns van die saak besef het. ’n Ma se werk is net nooit klaar nie.

Wat is dit wat ons wat ma’s is in ons vorige lewens gedoen het dat ons nou so moet suffer, wonder ek. Ons was seker mans. Baie unPC en seksisties en lelik van my, ek weet, maar ’n uitgemergelde ma het nie die teenwoordigheid van verstand om nog polities korrek ook te probeer wees nie.

Spruit is in pyn, en hospitaal toe sal ons moet gaan. Hierdie is óf ’n migraine óf ’n beroerte, en enige van dié twee gevalle wil ek beslis nie ignoreer nie.

Gelukkig is die hospitaal net vyf minute van ons af. Spruit het nie eers haar hare probeer borsel nie en hou nou al haar kop vas soos iemand met separation anxiety, en ek wil net my bier uitpiepie dat ek minder ontspanne kan lyk, soos dit ’n ordentlike ma mos nou betaam.

Daar gekom, is ons deur groen oorweldig. En nee, dis nie omdat die droogte gebreek is nie. Alles aan die dekor is groen: die dakke, die vloere, die mure, die kassies, die gordyne, die lakens, die siekes en nou ook Spruit se gesig. Boonop wil sy almal wat te hard praat met stoele gooi.

En glo my, in ’n ongevalle-afdeling is daar genoeg mense wat hard praat.

Veral die arme ou wat longontsteking én oorontsteking het, en duidelik nie meer lekker kan hoor hoe hy klink nie.

En natuurlik die arme, oorwerkte personeel wat hul alies af hol agter bedremmelde, paniekerige pasiënte en bekommerde familielede aan. Hierdie mense is die genuine helde in ons samelewing, nie die celebs met persoonlikheidsversteurings nie.

Anyway, waar was ek?

Spruit is op ’n drip gesit wat ’n cocktail van allerhande pyn- en naarheidsverligters is, en het eindelik ophou huil. Toe wil sy net uitpass. En vir drie dae daarná wil sy net uitpass en opgooi, maar die pyn is weg. Ontstellend genoeg kan sy ook glad nie op enige normale aktiwiteit konsentreer nie, en ek begin paniekerig raak. Sy is nie haarself nie. Sy het geen persoonlikheid meer nie. Sy kan op niks fokus nie. Gaan ek dan nooit weer my kind hoor sê sy voel beter nie? En dis waarskynlik my skuld. Ek wóú mos soos ’n wille wragtag te kere gaan in daai agt weke voor ek uitgevind het ek’s swanger. Elke oggend wat sy opstaan, bly die antwoord dieselfde: Nee, ek voel nie beter nie.

Ek het nog nooit in my lewe ’n migraine gehad nie, en sukkel om te verstaan waardeur sy gaan, maar hulle sê mos Google is jou vriend.

Toe Google ek dat die spoeg spat. En hoe meer ek Google, hoe minder verstaan ek.

Elke mens ervaar dit anders, elke migraine is anders, elke mens reageer anders op behandeling, niemand weet regtig wat dit veroorsaak nie, almal raai maar net, en basies is ek so verlore soos ’n sokkie in ’n wasmasjien.

Wat ek wel verstaan, is dis aaklig en die hangover oftewel die postdrome daarná is ook aaklig.

Maar dinge kon baie erger gewees het, ek moenie soos ’n menopausal vrou wat te veel rooiwyn gedrink het aangaan nie.

Die punt is: Soms verstaan ’n Ma net mooi niks.

Soortgelyk

 

KOLLIG Voorblad

1 dag gelede | Byvoegsels

Swakop hou Makietie bl. 4

ECN gaan Itula se aansoek teenstaan

1 dag gelede | Politiek

Denver Kisting – Vanweë die beweerde negatiewe uitwerking van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) in die afgelope presidensiële verkiesing moet die proses tersyde gestel word.Dr. Panduleni Itula,...

Ekonomie bloei lánkal

1 dag gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Ekonomiese groei het reeds in 2015 skerp begin tuimel sonder dat dit deur amptelike syfers weerspieël is, toon nuwe data wat gister...

NOU AAN DIE GANG

1 dag gelede | Byvoegsels

» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans ‘n Kersfees-skattejag by die Swakopmund Museum aan. Dit bestaan uit twee afdelings, een vir kinders en een vir...

Geskorste raadslede van Rehoboth herkies

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting op Rehoboth – Dieselfde span raadslede wat verlede jaar deur dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, in die pad...

Weer vir 13 Desember 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Winderige weer sal...

STEMFEITE: NAM & SA 2019

1 dag gelede | Politiek

In Namibië het Swapo persentasiegewys meer steun ingeboet as die ANC in Suid-Afrika.

NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer

1 dag gelede | Howe

Elvira Hattingh Plaaslike versekeringsmaatskappye móét voorts vir herverseke­ring by NamibRe opdok - tot tyd en wyl daar in 'n hangende hofsaak oor die wettigheid van...

CoW baklei teen beslaglegging

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) baklei tans verbete teen ’n beweerde beslagleggingsbevel wat poog om van hul vaste bates te konfiskeer.Veertien superintendente verbonde...