Martins-Hausiku wéér MVA-hoof
Rosalie Martins-Hausiku is vir nog ‘n termyn as die Namibiese Padongelukfonds (MVA) se uitvoerende hoof aangestel, effektief vanaf 1 Oktober vanjaar tot 31 September 2023. Martins-Hausiku het tydens die afgelope termyn die reserwevlak of solvensieverhouding van 69,9% in 2013 na 131% op 31 Maart 2018 gelig. Befondsing het oor dieselfde tydperk van 38,1% na 134% verbeter en die tevredenheid van belangegroepe staan op 82%. Foto mvafund.com.na
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie