'Mars-huis' kan kos, boumateriaal maak
'Mars-huis' kan kos, boumateriaal maak

'Mars-huis' kan kos, boumateriaal maak

Wetenskaplikes wil Nasa-tegnologie inspan om Namibië se indringerbos- én behuisings­probleem te takel.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



'n Revolusionêre fasiliteit wat indringerbos in supersterk boumateriaal omskakel en terselfdertyd sampioene produseer sal teen April volgende jaar op Brakwater opgerig word.

Boonop kan dit 'n oplossing vir Namibië se behuisingsprobleem bied omdat 'n eerste fasiliteit binne sowat 63 dae 'n tweede fasilteit kan “kweek”.

“Die tegnologie is oorspronklik vir die mensdom se beplande kolonisering van Mars ontwerp, waar water en boumateriaal beperk is. Mense sal blyplek, plase en strukture moet opsit van materiaal uit afvalprodukte,” het dr. Andreas Mershin gister tydens Namibië se eerste Biomassa-simposium in Windhoek gesê.

“Dit is Nasa-tegnologie,” het Mershin gesê.

“Boonop blyk Namibië se swarthaak (Acacia mellifera) die beste materiaal te wees om in die fasiliteit te gebruik omdat dit die sterkste boumateriaal lewer.

Mershin is verbonde aan die Massachusetts Institute of Technology (MIT), wat die projek ontwikkel het en wêreldbekend is vir wetenskaplike en tegnologiese opleiding en navorsing.

Die projek behoort aan die Standard Bank-groep.



Só WERK DIT

Mershin verduidelik boumateriaal sal in die fasilteit geskep word deur sampioene se wortelstelsel deur houtskerwe te laat groei. Wanneer dit gebeur, word die houtskerwe saamgebind tot 'n baie sterk struktuur.

“Die sampioene se wortelstelsel verteer dit. Dit word dan saamgebind sonder die gebruik van enige skadelike chemikalieë of gom wat byvoorbeeld vir ander boumateriaal gebruik word. Dit is ligter en goedkoper, maar ook sterker as hout of sement,” het hy gesê.

Mershin sê selfs druk van 25 ton op die saamgebinde swarthaak-mate­riaal kon dit nie breek nie.



FASILITEIT

Die beplande fasiliteit op Brakwater is boonop bewoonbaar binne 12 ure ná die opslaanproses begin is.

“Dit begin as 'n opblaasbare struktuur, wat dan deur boumateriaal en isolering bedek word. Dit sal ver­skeie masjiene huisves waarmee verskillende produkte en strukture gemaak kan word.

“Dit sal ook die Weldmaster-masjien huisves, wat enig in sy soort is en strukture uit buigbare materiaal kan maak. Dit kan die materiaal saambind en enigiets van baniere, sakke en meubels tot springkastele en volledige huise vervaardig.

“'n Opblaasbare huis klink belaglik, maar ont­hou, dit is net die dop wat oor en oor gebruik kan word om verskillende huise te bou. Die opblaasbare deel word deur boumateriaal bedek, waarná dit weer afgeblaas en weggeneem word.

“Op dié manier word sogenaamde selfproduserende, selfonderhoudende huise geskep. So 'n huis produseer materiaal om 'n tweede huis te bou, terwyl die twee huise dan genoeg vir vier huise produseer, die vier huise vir agt ensovoorts.

“Dit kan binne 'n siklus van 63 dae gedoen word,” het Mershin gesê.



NUWE TERREIN

“Selfonderhoudende huise is 'n boeiende onderwerp. Dis nie net revolusionêr nie, dis evolusionêr,” het hy gesê.

Mershin sê Namibië kan die leier op die gebied van biobouma­teriaal word en groot geleenthede bestaan wêreldwyd om tradisio­nele boumateriaal te vervang.

“Namibië gaan eindelik die materiaal na Amerika en die Westerse wêreld kan uitvoer.

“Ander lande het reeds sterk gevestigde boubedrywe wat 'tradsionele' boumateriaal vervaardig. Hulle voel bedreig deur dié verwikkeling, net soos byvoorbeeld gloeilampe kersmakers bedreig het.

“Namibië het nie 'n groot vervaardigingsbedryf van boumateriaal nie en ons bied 'n moont­like oplossing op behuisingsnood. Dit gaan selfs werksgeleenthede skep.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%