Markus Jooste-firmas kry weer uitstel vir skuld

Baie na aan likwidasie

29 March 2019 | Sakenuus
Nellie Brand-Jonker - Die beleggingsmaatskappye van Markus Jooste, omstrede voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, het uitstel tot einde Oktober gekry van Investec, Absa, Sanlam en ander krediteure om hul skuld terug te betaal.

Jooste se beleggingsvoertuig Mayfair Speculators skuld meer as R1 miljard aan dié drie krediteure.

Mayfair Speculators was in Desember 2017 baie na aan likwidasie ná ’n hofaansoek deur Absa.

Mayfair Speculators en sy beheermaatskappy, Mayfair Holdings, het in April 2018 ná onderhandelings met Investec, Absa en Sanlam ’n reëlingskema voorgestel kragtens art. 155 van die Maatskappywet vir die ordelike verkoop van bates ten einde hul skuld te kan delg.

Die sperdatum vir die beëindiging van die skema was aanvanklik einde Desember 2018, maar in September 2018 is dit tot einde Maart vanjaar uitgestel. Die jongste hofstukke toon egter die krediteure het vroeër vandeesmaand vergader en die sperdatum wéér uitgestel – nou tot einde Oktober.

Die hooggeregshof in Kaapstad het die wysigings aan die reëlingskema op 19 Maart bekragtig.

Daar is ook ’n arbiter vir dispute tussen die partye aangestel.

Die aansoek is vergesel van ’n funderende eedsverklaring van Stefan Potgieter, ’n direkteur van die Mayfair-maatskappye en Jooste se skoonseun. Hierin verduidelik hy weer dat Mayfair Holdings ’n volfiliaal is van die Silveroak Trust, wat tot voordeel van die Jooste-familie opgerig is. Mayfair Speculators is ’n filiaal van Mayfair Holdings. Mayfair Holdings hou gewone en voorkeuraandele in Mayfair Speculators. Whoop-Up Trading & Investments hou ook gewone aandele.

Krediteure vergader oor uitstel van skema

Volgens hofstukke was die konkurrente krediteure op die vergadering oor Mayfair Holdings:

Sanlam Capital Market met ’n eis van R688 miljoen.

Investec Bank met eise van R148,2 miljoen en R45 miljoen.

Absa Bank met ’n eis van R104,7 miljoen.

Die ondergeskikte krediteure op die vergadering was:

Rearden Trading & Investments BK met ’n eis van R99,3 miljoen.

Silveroak Trust met ’n eis van R108,7 miljoen.

Frikkie Nel, nog werksaam by Steinhoff en ’n voormalige finansiële direkteur van die maatskappy, word as die kontakpersoon vir Silveroak Trust getoon.

Op Mayfair Speculators se vergadering was die konkurrente krediteure:

Sanlam, Investec en Absa met die eise soos hierbo uiteengesit.

Titan Premier Investments (wat die eis van Upington Investment Holdings BV oorgeneem het) met ’n eis van R314,3 miljoen. Dit is in dispuut.

The Brood met ’n eis van R1,39 miljoen.

Whoop-Up Trading and Investments met ’n eis van R1,139 miljoen.

Ranien van Wyk met ’n eis van R1,138 miljoen.

Erfvest Properties met ’n eis van R560 370.

Potgieter met ’n eis van R500 000.

Potgieter is volgens hofstukke die kontakpersoon vir Rearden, The Brood, Erfvest en Whoop Up Trading.

Die ondergeskikte krediteure op die vergadering was:

Rearden met ’n eis van R17,7 miljoen.

Daar word nie in die hofstukke enige gesekureerde of voorkeur-krediteure by Holdings of Speculators genoem nie.

September-vergadering

Op die vorige vergadering om uitstel te vra in September 2018 is Sanlam, Investec en Absa nog as gesekureerde krediteure en konkurrente krediteure beskryf.

Op die September-vergadering vir Holdings was Pavillion Capital Investments Beperk ook as ’n ondergeskikte krediteur teenwoordig met ’n eis van R420 miljoen.

Op die September-vergadering vir Speculators was die voorkeur-krediteure ses personeellede van Mayfair met verskillende eise.

Potgieter se eis van R717 174 was die grootste.

Upington Investment Holdings BV is toe nog genoem as ’n konkurrente krediteur met ’n eis van R314,3 miljoen.

Onder die ondergeskikte krediteure was ook September Formal Holdings Beperk met ’n eis van R898,6 miljoen. Die kontakpersoon van Formal en Pavilion is Malcolm King, wat voorheen as ’n vriend van Jooste beskryf is.

Dit is nie duidelik hoekom Pavillion en Formal se eise nie meer in Maart genoem is nie.

Dit is ook nie duidelik wanneer van die krediteure se geld terugbetaal gaan word nie.

Sanlam het onlangs gesê hy het reeds naastenby die helfte van sy geld teruggekry uit die verkoop van bates. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Maak jou stem dik

10th of July 00:00 | In beeld

Tanja Bause - Die aanvullende registrasieproses vir vanjaar se verkiesing het Maandag afgeskop en sal tot 27 Julie voortduur.By talle registrasiepunte het dinge stadig uit...

Katrina gee bes

10th of July 00:00 | Ministeries

Denver Kisting – Te midde van groot openbare druk het Katrina Hanse-Himarwa gistermiddag die tuig neergelê as minister van onderwys, kuns en kultuur.Kort nadat die...

Kolonel en kie stroop glo wild

10th of July 00:00 | Howe

Francoise Steynberg - ’n Weermagkolonel en ’n instrukteur by ’n beroepsopleidingsentrum is Maandag op borgtog van N$5 000 elk vrygelaat nadat hulle daarvan beskuldig is...

Weer vir 10 Julie 2019

10th of July 00:00 | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Noorde. In die binneland sal dit winderig wees met sandstorms oor die Namib.KUS: Sonnig en baie...

Net 26,7% water in damme oor ...

10th of July 00:00 |

Elvira Hattingh - Damme in Namibië het in totaal net 26,7% of 186,820 Mm³ (miljoen kubieke meter) water oor.Dít in vergelyking met dieselfde tyd verlede...

UPM wil Baster-grondeis instel

10th of July 00:00 | Politiek

Die United People’s Movement (UPM) het bevestig pogings is aangewend om ’n grondeis in te stel vir grond wat tydens die Duitse, Suid-Afrikaanse en Swapo-regering...

Namibiërs eersdaags met die maan gepla

10th of July 00:00 | Tegnologie

Elvira Hattingh - Voor die 50ste gedenkjaar sedert die maanlanding wêreldwyd op 20 Julie gevier word, gaan die maan eers ‘n besonderse vertoning vir aardlinge...

Een uit tien voltooi nie laerskoolopleiding

10th of July 00:00 | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sou dinge voortgaan soos nou gaan een uit elke tien kinders in Afrika suid van die Sahara nie hul laerskoolopleiding teen 2030...

Honderde bakkies vir verkiesing

10th of July 00:00 | Politiek

Honderde Windhoekers wat bakkies besit, het verlede week na die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se kantoor gestroom om hul voertuie vir die aanvullende registrasie van...