Markus Jooste betaal self bonus van R33 m. vroeg

09 May 2019 | Sakenuus
Nellie Brand-Jonker – Een van die skokkende onthullings in die 2017-jaarstate van Steinhoff wat middernag Dinsdagaand vrygestel is, is die bedrae geld waarmee Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof, klaarblyklik vir homself ’n bonus vooruit laat betaal het.

Hy het in die boekjaar tot einde September 2017 ’n vergoeding – ingesluit bonusse van R133 miljoen – verdien.

Die jaarverslag van 343 bladsye verwys 48 keer na Jooste.

Gedurende die boekjaar tot einde September 2017 is ’n bonus van €2,07 miljoen in geheel aan Jooste betaal:

· op 1 Maart 2017 is €500 000; en

· op 31 Mei is €1,57 miljoen betaal.

“Die betaling van €500 000 is nie deur die direksiekomitee oor vergoeding voorgestel of deur die toesighoudende direksie goedgekeur nie.”

Die res van die bonus is deur die toesighoudende direksie goedgekeur in ooreenstemming met die strategiese bonusse wat in die vorige twee boekjare toegeken is.

In ooreenstemming met die vergoedingsbeleid was die betaling van die bedrag uitgestel deur die toesighoudende direksie en was dit veronderstel om in drie betalings plaas te vind in Oktober 2017, November 2017 en Oktober 2018. Die bedrae sou onderskeidelik €561 074, €448 859 en €561 074 beloop het.

“Die versnelde betaling van die bedrag op 31 Mei voordat dit betaalbaar was, was nie goedgekeur nie.”

Dié bedrag is vooruitbetaal deur die groepmaatskappy Steinhoff Europe AG (SEAG) op instruksie van Jooste.

Ook die €500 000 is op Jooste se instruksie deur SEAG betaal.

Jooste het op 4 Desember, nadat die ouditeure nie die 2017-jaarstate wou afteken nie, sy bedanking aangebied en dit is op 5 Desember deur die toesighoudende direksie aanvaar, lui die jaarverslag.

Jooste is onlangs in die parlement deur Steinhoff uitgewys as die hoofverdagte in die transaksies wat die afgelope 14 maande in ’n forensies ondersoek onder die soeklig gekom het.

Jooste reageer nie op medianavrae nie.

Die jaarstate toon Jooste se totale vergoeding sou R133 miljoen in die boekjaar beloop het, ingesluit ’n jaarlikse bonus, ’n strategies bonus en ’n uitgestelde bonus. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Padgebruik al duurder

1 uur gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Padgebruik al duurder

1 uur gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Gesondheid: Advertensie vals

2 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sê 'n inligting wat op sosiale media sirkuleer oor opleidingsgeleenthede by die ministerie is vals. Die vals...

'n Seder val in Swapo

12 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

12 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

12 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

12 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

12 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...