Markte steier wyl Trump, China koppe stamp
Die JSE se top-40-indeks het Woensdag in 'n stadium met 3% gedaal saam met markte wat wêreldwyd reageer op die voortslepende vrees vir 'n handelsoorlog tussen Amerika en China.
Reuters berig China het skerp gereageer op pres. Donald Trump se jongste planne om invoertariewe van 25% te hef op US$50 miljard se Chinese produkte wat Amerika invoer, waaronder mediese toerusting. China het gereageer met sy eie lys van invoerprodukte waarop hy ook 'n heffing van 25% gaan instel. Dit sluit in sojabone, vliegtuie, motors, vleis en chemikalieë.
“Handelsonsekerheid is tans die grootste bekommernis vir die mark,” sê Charles St-Arnaud, 'n strateeg by Lombard Odier in Londen.
“Op hierdie punt moet ons versigtig wees. Die groter prentjie het nie noemenswaardig verander nie. Groei bly gesond.”
Naspers, die swaargewig op die JSE, het met byna 5% tot R2 743 gedaal. Ander groot maatskappye op die beurs, soos Sanlam, Mr Price, TFG en Shoprite, het ook skerp gedaal met tussen 7,4% en 5,1%.
Terselfdertyd het die rand met 10c tot R11,92 teenoor die Amerikaanse dollar verswak vergeleke met Dinsdag se sluitingsprys. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie