Markte: Handelsoorlog plaas druk
Francois Williams en Bloomberg - In vroegoggendverhandeling het dit Dinsdag gelyk asof die rand so effens sy voete vind en begin stabiliseer ná die afgelope weke se skerp verswakking teen die dollar. Maar die effek van die handelsoorlog tussen Amerika en China word steeds in internasionale markte en toenemend in sakebesluite gesien.
Die rand het Dinsdagoggend tot R13,51 versterk van die vorige aand se sluitingsvlak van R13,54 teen die dollar.
Teen die euro is die rand ook effens sterker op R15,82 nadat dit Maandagaand op R15,85 gesluit het.
Die JSE se indeks van alle aandele het Maandagaand 1,7% laer op 55 889 verswak. Die JSE het tot dusver vanjaar ’n negatiewe opbrengs van -6% gelewer, maar oor ’n 12-maande-tydperk is sy opbrengs nog positief op 12,35%.
Dinsdag sal beleggers dophou hoe Old Mutual Beperk vaar op sy eerste dag terug op die JSE, gestroop van die ontbondelde bates soos sy Amerikaanse batebestuursfirma en sy Britse welvaartbestuurder Quilter. Old Mutual se belang in die Nedbank-groep is ook verklein.
Ná die terugsakking in reaksie op die naweek se ooreenkoms onder olieproduserende lande oor produksieverhogings het die Brent-ruolieprys Dinsdagoggend ook weer effens gestabiliseer. Brent-olietermynkontrakte was marginaal hoër op $74,80.
Die olieprys het oor die afgelope 12 maande al so laag as $50 en so hoog as $80 per vat verhandel.
Die goudprys was Dinsdagoggend effens laer op $1 263 per fynons.
As Asiatiese markte as maatstaf geneem word, kan internasionale markte Dinsdag ook stabiliseer. Die daling in aandeelpryse van Sydney tot Hongkong het Dinsdag verlangsaam, en in Tokio het aandele gestyg. Stygende bankaandeelpryse het vergoed vir die verliese in tegnologie- en telekommunikasieaandele.
Chinese aandele lyk egter asof dit op pad is na ’n beermark, want kommer bestaan oor China se vermoë om terug te veg teen Amerika se handelsoorlog.
Die Shanghai saamgestelde indeks is al 20% laer as die hoogtepunt in Januarie.
Handelaars staal hulle vir die bekendmaking van die Amerikaanse tesourie se plan om perke op China se beleggings in Amerikaanse tegnologiemaatskappye te plaas.
Bewyse stroom in dat pres. Donald Trump se besluite oor hoër invoertariewe begin het om sakebesluite te raak. Die motorfietsvervaardiger Harley-Davidson het reeds aangekondig hy gaan van sy produksie uit Amerika na sy ander fabrieke in die wêreld skuif om die uitwerking van die Europese Unie se weerwraaktariewe op Amerikaanse produkte te versag.
Die Duitse motorreus Daimler het verlede week die skuld vir sy winswaarskuwing op ’n moontlike verhoging van ’n Chinese invoerheffing geplaas. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie