Markram ná slegs 7 toetse in top-20
Krieket
George Germishuys
Een van die min ligpunte vir die Proteas op die Internasionale Krieketraad se jongste toetsranglys is dat Aiden Markram nou onder die 20 voorste toetskolwers in die wêreld is.
Dit het dié jong aanvangskolwer slegs sewe toetse geneem om die 19de plek op die ranglys vir toetskolwers in te neem. Sy tellings van 32 en 143 in die eerste toets teen Australië op Kingsmead het hom gehelp om ’n stewige 28 plekke op die ranglys te klim. Markram het in sy sewe toetse tot dusver reeds drie honderdtalle en twee tellings in die 90 aangeteken.
In ander skuiwe deur Suid-Afrikaners op die ranglys het AB de Villiers met een plek, tot 12de, geklim. Quinton de Kock (22ste) is met drie plekke beloon nadat hy tellings van 20 en 83 teen die Aussies in Durban aangeteken het.
Die Proteas se linksdraaier, Keshav Maharaj, tel ook ná sy nege paaltjies in die eerste toets onder die wêreld se 20 voorste boulers. Wat die kolwers betref, lyk sake egter maar beroerd vir die Suid-Afrikaners. Hashim Amla (tiende) is die enigste Protea-kolwer wat onder die toptien tel.
Benewens die sukkelende Amla sal Suid-Afrika se ander toporde-kolwers soos Dean Elgar (13) en Faf du Plessis (17) ook spoedig weer lopies wil inryg om hul plek op die ranglys te verbeter. Steve Smith, die Aussies se kaptein, is steeds toetskrieket se voorste kolwer, met David Warner wat vyfde op die ranglys is.
Die Australiese snelbouler Mitchell Starc beklee ná sy Speler-van-die-Wedstryd-vertoning op Kingsmead sy beste plek op die ranglys, ’n vyfde plek. Starc se 9/109 in die toets het hom gehelp om oor die Proteas se Morné Morkel en Vernon Philander in die ranglys te bokspring.
Sy 42 lopies in die toets het ook daarvoor gesorg dat hy onder die vyf voorste veelsydige spelers in toetskrieket gereken word. Die Proteas se boulers vaar heelwat beter op die boulranglys as die span se kolwers.
Kagiso Rabada (tweede), Philander (sewende) en Morkel (tiende) is in die toptien. Philander is volgens die ranglys ook Suid-Afrika se voorste veelsydige speler (sesde). Die beseerde Dale Steyn is steeds in die 13de plek op die ranglys, al het hy slegs in een toets die afgelope 15 maande gespeel.
Toetsranglys vir kolwers (toptien): 1. Steve Smith (Aus, 947 ranglyspunte), 2. Virat Kohli (Ind, 912). 3. Joe Root (Eng, 881), 4. Kane Williamson (NS, 855), 5. David Warner (Aus, 833), 6. Chetashwar Pujara (Ind, 810), 7. Azhar Ali (Pak, 755), 8. Alastair Cook (Eng, 742), 9. Ross Taylor (NS, 739), 10. Hashim Amla (SA, 734).
Toetsranglys vir boulers (toptien): 1. James Anderson (Eng, 887), 2. Kagiso Rabada (SA, 873), 3. Ravindra Jadeja (Ind, 844), 4. Josh Hazlewood (Aus, 812), 5. Mitchell Starc (Aus, 805), 6. Ravichandran Ashwin (Ind, 803), 7. Vernon Philander (SA, 786), 8. Neil Wagner (NS, 784), 9. Rangana Herath (SL, 777), 10. Nathan Lyon (Aus) en Morné Morkel (SA, albei 755). – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie