Marinos: Nog g’n sprake van Super-snoeiskêr

06 December 2018 | Sport
Berigte uit Australië dat die Superrugby-reeks vanaf 2021 weer na 14 spanne verminder gaan word, is “blote bespiegeling”.

Só het dié kompetisie se beheerliggaam, Sanzaar, Dinsdag gesê. Nadat die Cheetahs, Southern Kings en Western Force verlede jaar, te midde van kwynende belangstelling in die reeks, uit Superrugby geboender is, het die Sydney Morning Herald Maandag gesê Japan se Sunwolves sal volgende onder die valbyl beland.

Luidens die berig sal ’n reeks bestaande uit 14 spanne dit moontlik maak om weg te doen met die omstrede konferensiestelsel, waarin veral Nieu-Seelandse spanne aan die kortste ent trek.

Sanzaar se uitvoerende hoof, Andy Marinos, het egter gesê berigte soos dié in die Sydney Morning Herald is blote gissinge en enige veranderinge aan die kompetisie se struktuur sal “op ’n gepaste tyd” bekend gemaak word.

“Ons kyk wel tans na die toekomstige struktuur van ons kompetisie vanaf 2021 en daarna, maar ons het nog geen besliste besluite geneem oor die formaat of oor hoeveel spanne in die toekoms daaraan sal deelneem nie,” sê Marinos.

Die Superrugby-reeks in die beroepsera (vanaf 1996) het aanvanklik uit 12 spanne bestaan – vyf van Nieu-Seeland, vier van Suid-Afrika en drie van Australië.

In 2006 is dit uitgebrei na 14 spanne, met die Western Force in Australië wat bygekom het en die Leeus en Cheetahs wat as afsonderlike spanne – en nie meer die gesamentlike Cats nie – begin deelneem het.

In 2011 het die Melbourne Rebels as ’n 15de span bygekom. In die 2013-seisoen het die Southern Kings ten koste van die Leeus in die reeks gespeel, maar die Leeus was in 2014 en 2015 weer terug. Sanzaar het toe in 2016 die kompetisie na 18 spanne uitgebrei, met die Kings terug, asook die toevoeging van die Jaguares van Argentinië en die Sunwolves.

Ná die vertrek van die Cheetahs, Kings en Force blyk dit nou dat die Sunwolves, die enigste span uit die Noordelike Halfrond in die reeks, se plek die kwesbaarste is.

Met die Wêreldbeker-toernooi wat volgende jaar in Japan aangebied word, was Sanzaar vroeër gretig om ’n vastrapplek in daardie mark te kry, maar die Sunwolves het nie tuis die verbeelding van ondersteuners aangegryp nie en het boonop net enkele wedstryde in drie seisoene gewen.

Indien daar na 14 spanne teruggekeer word, sal almal in ’n rondtomtalie-ronde teen mekaar kan speel en sal die puntelys nie skeefgetrek word deur swakker konferensies nie.

Dit het die laaste paar jaar byvoorbeeld gereeld gebeur dat Nieu-Seelandse spanne meer ligapunte as die wenners van ander konferensies ingesamel het, maar tot wegwedstryde in die uitklopfase verdoem is omdat die konferensie-wenners van tuisveldvoordeel gewaarborg word. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Eis van miljoene ná miskraam

21st of May 00:00 | Howe

Ronelle Rademeyer - ‘n Vrou wat aanvoer sy het ‘n miskraam gehad nadat sy drie dae lank sonder kos en water in die polisieselle by...

Kuns tussen die wingerde

21st of May 00:00 | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - “Ek glo ’n goeie skildery ontstaan wanneer ’n bietjie talent en ’n groot klomp passie op die skilderdoek ontmoet.”Dit is hoe die...

Twee Namibiërs in SA hof oor diamante

21st of May 00:00 | Howe

Francoise Steynberg - Twee Namibiese mans het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad in verband met die onwettige besit van 27 ongeslypte diamante verskyn. Mnr....

Namibiër vertolk hoofrol in Fiela se kind

21st of May 00:00 | In beeld

Die Namibiese aktrise Zenobia Kloppers het die hoofrol in die fliek Fiela se kind losgeslaan. Zenobia, wat Fiela Komoetie sal speel, is ’n bekende aktrise...

Live for the moments, not the milestones

21st of May 00:00 | Mense

Mariselle StofbergCarla van Zyl is the top medical student from the class of 2018 at the University of Namibia (Unam). This motivated, driven and passionate...

Musieklegende se stem stil

21st of May 00:00 | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg - Die geliefde Suid-Afrikaanse musikant, Brian Finch (72), het Sondag sy maande lange stryd teen kanker verloor.Finch en sy vrou, Marion, woon al...

Padgebruik al duurder

21st of May 00:00 | Infrastruktuur

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Weer vir 21 Mei 2019

21st of May 00:00 | Weer

BINNELAND: Mestal mooi weer en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm, maar koud in die...

Kragverspreider gedagvaar

21st of May 00:00 | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Ma van Mondesa op Swakopmund dagvaar die Erongostreek se kragverspreider ná die dood van haar minderjarige dogter. Theonese Anthea Simon is...