Mariental en Helao Nafidi se burgemeesters herkies
Mnr. Wilhelm Josef Mensah en me. Anna Aletha Skrywer is tydens die verkiesing van Mariental se munisipale raadslede onderskeidelik tot burgemeester en adjunkburgemeester herkies.
Albei is by die landdroshof op Mariental deur landdros Eugene Libebe ingesweer.
Mensah sal nog ’n termyn ná ’n onbestrede verkiesing dien. Mnr. Johannes Jurgens de Lange sal die voorsitter van die bestuurskomitee bly. Die ander raadslede is mee. Willemina Malapi, Anna Marie !Gorases en mnr. Hafeni Haikali, almal van Swapo, en me. Regina Kuhlman van die DTA wat as gewone raadslid sal dien. Swapo het ses setels op die raad en die DTA een.
In sy aanvaardingstoespraak het Mensah die raadslede bedank vir hul vertroue in hom.
“Dit is bemoedigend om te weet die publiek het genoeg vertroue in my om my weer te verkies om hierdie pragtige dorp te dien. Saam sal ons Mariental een van die bes bestuurde munisipaliteite in Namibië maak,” het Mensah gesê.
Mensah het in 2007 as raadslid en in 2009 as adjunkburgemeester gedien saam met die destydse burgemeester, me. Priscilla Beukes, wat nou die adjunkminister van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn is. In April vanjaar het Mensah sy toelae van meer as N$6 000 gebruik om nege werklose jongmense in diens te neem om die strate skoon te maak. Hy het hierdie gebaar vir die volgende ses maande, tot einde Junie 2017, verleng.
In Helao Nafidi het die raadslede vir mnr. Eliaser Nghipangelwa vir die volgende 12 maande weer tot burgemeester verkies. Hy is deur die voormalige burgemeester, mnr. Paulus Haikali, benoem en deur me. Ester Nghidimbwa gesekondeer. Laasgenoemde is tot bykomende lid van die bestuurskomitee verkies. Alle raadslede van Helao Nafidi het hul portefeuljes behou.
Mnr. Panduleni Hainghumbi sal as plaasvervanger vir Nghipangelwa optree en me. Lilia Hashoongo bly die voorsitter van die bestuurskomitee. Ander lede van die bestuurskomitee sluit Haikali en mnr. Tomas Kandjebo in. Mnr. Vilho Shimwooshili van die RDP dien as gewone lid en is die enigste lid van die opposisie in die bestuurskomitee.
Landdros August Simon van die landdroshof op Ohangwena het die raadslede ingesweer en ook die verkiesing behartig. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie