Maria se pad van verwoesting
Die orkaan Maria, die tweede groot storm wat die Karibiese Eilande vandeesmaand getref het, was Woensdag sterk op pad na Puerto Rico, berig CNBC.
Die Franse eiland Martinique is Dinsdag getref, en toe die suidelike kusstreek van Guadeloupe, voordat die storm koers gekies het na die Maagde-eilande en Puerto Rico, wat hom op ’n moontlike katastrofe voorberei, berig die Los Angeles Times. Minstens een persoon in Guadeloupe is dood. Die orkaan het “ondenkbare skade” op die eiland Dominica aangerig, luidens Roosevelt Skerrit, premier. Kommunikasie na die eiland is afgesny en dus is die omvang van die skade of lewensverlies nog nie bekend nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie