Maranatha Singers sing Sondag in Khomasdal
Maranatha Singers sing Sondag in Khomasdal

Maranatha Singers sing Sondag in Khomasdal

Die bekende Maranatha Singers-koor, wat binnekort in die buiteland saam met sowat 2 000 ander sangers aan 'n volledige uitvoering van Händel se Messias gaan deelneem, tree Sondag om 16:00 in die VGK-gemeente in Khomasdal op.

Dié uitvoering is spesiaal gereël om Namibiërs 'n voorsmakie daarvan te gee. Die inkomste van die uitvoering gaan aan die Namibië Christelike Vrouehulpdiens wat as welsynsorganisasie reeds vir 43 jaar lank bejaardes in die land ondersteun.

"Die vereniging kyk met dankbaarheid terug op ‘n besonder suksesvolle tyd die afgelope twee jaar, want ons kon 'n sestiensitplekbussie koop wat van groot hulp is," sê me. Aletta Mouton van die Vrouehulpdiens.

"Die Maranatha Singers-koor word uitgesonder vir hul reusebydrae tot die bussieprojek, aangesien die koor tydens 2016 ook ‘n liefdadigheidskonsert aangebied het met die uitsluitlike doel om geld vir dié projek in te samel."

Vanjaar maak die koor, bekend vir sy ambassadeurswerk oorsee met die popularisering van tradisionele Namibiese koormusiek, weer so, sê sy.

Afgesien daarvan dat bejaardes daarby gaan baat, kry Namibiërs ook die geleentheid om voor die koor se vertrek iets van die uitvoerings te ervaar waarvan hulle in Duitsland en Switserland onder leiding van Interkultur deel kan wees.

Nuwe Namibiese komposisies is weer boaan die lys op Sondag se program, met juwele uit vorige programme ook daarby ingesluit, vertel Mouton.

Toegang beloop N$50 vir volwassenes en N$20 vir skoolgaande kinders en studente. Kontak Mouton by 081 257 7316 of Poppie Wlliams by 081 638 2657 vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!