Mans in Windhoek doodgesteek
Mans in Windhoek doodgesteek

Mans in Windhoek doodgesteek

Twee voorvalle van moord is die afgelope naweek in die hoofstad aangemeld.
Denver Kisting
Denver Kisting



Twee mans is in afsonderlike­ voorvalle die afgelope naweek in Windhoek met skerp voorwerpe dood­gesteek.

Hiernaas is vier verdagtes op die toneel aangekeer toe hulle Vrydagaand glo by 'n plaaslike motoronderdelesaak in die hoofstad ingebreek het.

Komm. Silvanus Nghi­shidimbwa, die polisie­bevelvoerder van die Khomasstreek, het gister by navraag gesê dié voorval het omstreeks 23:00 op die hoek van Onafhanklikheids- en Hosea Kutakorylaan plaasgevind.

Die verdagtes het glo met 'n metaalvoorwerp 'n gat in die muur van die pakhuis gemaak en 'n aantal bokse met drank, potte en motorolie gebuit, sê Nghishidimbwa.

Voordat hulle na bewering met die goedere wat in 'n voertuig gelaai is op die vlug kon slaan, is hulle op heterdaad betrap, sê hy.

Nghishidimbwa sê die polisie ondersoek 'n saak van huisbraak met die doel om te steel en diefstal.

Die waarde van die goedere was teen gistermiddag nog nie bekend nie.

Intussen is 'n 27-jarige man, mnr. Kamulu Natangwe, kort voor middernag Vrydag in Agtste Laan in Otjomuise doodgesteek.

Nghishidimbwa sê die polisie het 'n verdagte (25) in verband met dié voorval in hegtenis geneem.

Die polisie probeer nog agter die kap van die byl kom oor wat tot dié noodlottige rusie gelei het, sê die senior beampte.

Mnr. Samuel Urichob (22) is Saterdagaand in Katutura doodgesteek nadat hy glo 'n man en twee vroue aangeraai het om eerder 'n geskil tuis te besleg as om in die openbaar te stry.

Nghishidimbwa sê Urichob was omstreeks 23:00 op pad huis toe toe hy die verdagte en twee vroue raakgeloop het.

Die 26-jarige verdagte was glo besig om met die vroue te stry waarna die oorledene aanbeveel het dat hulle eerder nie op straat moet verskil nie.

“Dit het die verdagte woedend gemaak en uiteindelik het hy hom (Urichob) in sy nek gesteek.”

Urichob is hospitaal toe gehaas waar hy gister tussen 02:00 en 03:00 aan sy wonde beswyk het.

Nghishidimbwa sê die verdagte is in aanhouding. Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!