Mans in hof wat glo dwelms na selle smokkel

10 April 2019 | Misdaad
Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle probeer het om mandraks en kokaïene, versteek in witbrood, na die aanhoudingselle by die polisiekantoor op Otjiwarongo te smokkel, is in die landdroshof op dié dorp borgtog geweier.
Mnre. Heinrich von Francois en Cavin Hangara, beide 33, is Sondagoggend by die polisiekantoor in hegtenis geneem met na bewering tien mandraks-tablette en tien eenhede kokaïene in hul besit. Hulle het na bewering 'n 24-jarige aangehoudene by die selle besoek.
Tydens hul verskyning Dinsdag in die hof, het dit aan die lig gekom die twee mans het na bewering 'n witbrood, botter en koeldrank vir die aangehoudene gebring.
Toe die polisie die boord snytjie vir snytjie ondersoek, is die versteekte dwelms glo daarin gevind.
Die straatwaarde van dié middels is N$3 600.
Landdros Eduard Kesslau het aan hulle verduidelik hulle kan 'n privaat prokureur konsulteer, hul eie verdediging behartig of die staat versoek om 'n regsverteenwoordiger vir hulle aan te stel.

Von Francois het gesê hy sal homself verdedig Hangara het vir regshulp gevra.
Hulle verhoor is tot 31 Julie uitgestel om die polisie geleentheid te gee om die saak verder te ondersoek.
Die staasaanklaler, me. Coleen Yisa, het borgtog teengestaan en gesê die saak is ernstig aangesien dwelmmisbruik 'n probleem in die Otjiwarongo-distrik is.
Die polisie het intussen Dinsdag ook die aangehoudene van handel in dwelms aangekla.
Hy sal na verwagting môre in die hof verskyn.- Nampa

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

2 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

2 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

3 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

15 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

15 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

15 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

15 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

15 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

15 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...