Mannetti soek sy eerste 17 vir Afcon 2019 uit
Sokker
Die Brave Warriors se hoofafrigter, Ricardo Mannetti, het gister die nasionale sokkergroep van 17 spelers aangekondig wat 'n laaste oefenkamp in Suid-Afrika sal hou voor hul vertrek na die Afrika Nasiebekertoernooi in Egipte volgende maand.
Die groep sal Maandag in Pretoria kamp opslaan en sal op 3 Junie na Dubai aanbeweeg vir die laaste dae voordat die Afrika-skouspel van 19 Junie tot 21 Julie uitgewoed word.
Mannetti het gister gesê die 28 manne wat Namibië in Egipte sal verteenwoordig, sal op 3 Junie aangekondig word.
Die afrigter sê die land se verteenwoordigers by die Cosafa-toernooi wat Sondag in Durban begin, bevat manne wat ook die pyp vir Egipte gaan rook.
“Ek het nie hul name saam met die res van die groep uitgelees nie, want dan kan hulle by Cosafa lyf wegsteek om nie beseer te raak nie,” sê hy.
Hy sê vir die dae in Dubai is reeds minstens een oefenwedstryd, teen Ghana, vasgeknoop.
Die Warriors se aanslag op die Afrika Nasiebeker begin op 22 Junie teen Marokko.
Die Afcon-groep wat Mannetti gister aangekondig het, is Virgil Vries, Maximillian Mbaeva, Ryan Nyambe, Chris Katjiukua, Tiberius Lombard, Riaan Hanamub, Ananias Gebhardt, Benyamen Nenkavu, Danzil Haoseb, Manfred Starke, Willy Stephanus, Petrus Shitembi, Deon Hotto, Benson Shilongo, Iitamunua Keimuine, Peter Shalulile en Ronald Ketjijere.
- Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie