Mannetjie met ys in are, sê Bok Doep
Rugby
Albert Heenop - Vir sommige Springbok-afrigters in Pat Lambie se tyd as speler was hy net té klein van postuur om in die toets-beginspan te wees.
Maar, “daai mannetjie het ys in sy are”, sê die Springbok-stut Jannie du Plessis ná die 28-jarige Lambie se onverwagse uittrede op aanbeveling van top-neuroloë nadat hy die afgelope nege maande nie die simptome van harsingskudding kon oorkom nie.
Volgens Du Plessis is die term baby-faced assassin spesifiek vir Pat Lambie geskep – omdat hy net te jonk en saggeaard gelyk het om in 'n spel soos rugby te gedy.
“Patrick Jonathan Lambie. Wat 'n voorreg om saam met hom te kon speel,” sê Du Plessis.
“Groot oomblikke was sy forte. Dink net aan daardie skop teen die All Blacks op Ellispark in 2014. . . Senuwees van staal.
“Hy was absoluut vreesloos, veral op verdediging. Om vir Pat oorkant jou in die kleedkamer te sien sit, het nie net rustigheid gebring nie – dit het jou sommer selfvertroue gegee.”
Du Plessis het altyd vir Lambie gesê as hulle op hom (Lambie) skop, sal hy nie eers die moeite doen om terug te val nie, só sekuur is Lambie.
Die voormalige Springbok-keurder en afrigter van Natal, Ian McIntosh, sê dis 'n yslike jammerte dat beserings Lambie regdeur sy loopbaan gery het.
“Pat was 'n ongelooflik talentvolle jong speler, maar ongelukkig het beserings hom telkens gekortwiek en daarom kon hy nooit sy volle potensiaal verwesenlik nie.”
Stefan Terblanche, die Haaie se kaptein in 2010 was toe hulle die WP in die Curriebeker-finaal geklop het, sê Lambie moes veel meer kere die Bok-trui gedra het.
“Die Springbok-afrigters gedurende sy tyd het partykeer ander idees gehad,” sê Terblanche.
“Pat se kalmte as speler het my altyd opgeval. Hy was ook van jongs af ongelooflik volwasse. Hy is 'n uitmuntende jong man.”
Lambie het die Bokke in 56 toetse verteenwoordig.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie