Mangaan: Namport 'vat geen kortpaaie'

Stof sal 'n “ramp” wees

04 September 2019 | Vervoer
Catherine Sasman



Geen stof is vrygestel in die proses om vraghouers met mangaanerts te vervoer nie.

Só sê die land se haweowerheid, Namport, oor die vervoer van die houers wat by die hawe se bergingsgerief gestoor is in reaksie op stof wat wél onder die Lüderitz-gemeenskap hieroor opgeskop is.

Inwoners was woedend oor die eerste besending mangaanerts van Tradeport, 'n maatskappy wat in Suid-Afrika gebaseer is, wat op TransNamib-waens deur die dorp na die hawe vervoer is.

“Ons het dit van die begin af baie goed dopgehou,” het Namport se kommersiële hoof, mnr. Tino !Hanabeb, gesê.

“Tradeport is voornemens om binne die omvang van die omgewingsklaringsertifikaat (ECC), wat aan ons uitgereik is vir die hantering van die mangaan, te bly. Daar is geen bedoeling om kortpaaie te neem of toepas­like reëls en wette te omseil nie,” het hy gesê.

Van die voorwaardes van die ECC wat in Februarie aan die maatskappy uitgereik is, sluit in dat die mangaanerts en alle ander materiaal wat vervoer word, “in 'n bestendige toestand in bedekte vragmotors” moet wees en teen “stofwekkende eien­skappe” behandel moet word.

Dit bepaal verder die erts moet by die myne in Suid-Afrika gesif word, met die nodige voginhoud hanteer word en moet altyd bedek wees om te keer dat dit stof langs die vervoerroete veroorsaak.

“Die ECC bepaal ons mag die materiaal in sakke, houers of vragmotors vervoer, dat alle materiaal in toe pakhuise hanteer moet word en dat die vrystelling van stof altyd absoluut minimaal moet wees. Wat ons betref, werk ons binne die vereistes en veroorsaak ons geen stof wat 'n impak op die omliggende omgewing kan hê nie,” het !Hanabeb gesê.

Hy sê alles wat vervoer word, is chemies behandel om die vrystelling van stof te onderdruk, soos die ECC vereis.

Boonop is “klonterige” materiaal reeds gesif.

!Hanabeb sê Namport het begrip vir inwoners se vrese en woede en gebruik derhalwe deksels en seile om die vragwaens te bedek.

Volgens inwoners het omstandighede al stadigaan verbeter en word die meeste waens met seile bedek wat aan elke hoek vasgemaak is, maar soms waai Lüderitz se wind die hoeke los.



Kommer oor visserye

Hoewel nie een van die vismaat­skappye op die dorp kommer oor die mangaanhouers in die hawe uitgespreek het nie, het inwoners wat by visserye betrokke is, gesê hulle is oor die moontlikheid van die besoedeling van die hawegebied bekommerd.

'n Beampte van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne op die dorp het gesê tot dusver is geen skade opgemerk nie.

Mnr. Michael McKenzie van NovaNam sê sy maatskappy is nie geraak nie omdat die mangaanhouers aan die suidekant van die hawe gestoor word.

Mnr. Kurt Laufer, Marco Fisching se uitvoerende hoof, het ook gesê geen stofwolke is opgemerk nie, maar het terselfdertyd gewaarsku die teenwoordigheid daarvan sal 'n “ramp” wees.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Man steel glo mediese toerusting by staatshospitaal

7 minute gelede | Misdaad

Die polisie in die Kavangostreek het ’n man in hegtenis geneem wat na bewering mediese toerusting uit die staatshospitaal op Rundu gesteel het. Die man...

Man met hope wildprodukte vas

1 uur gelede | Misdaad

'n Namibiese man is verlede week op Divundu met 'n groot verskeidenheid beheerde wildprodukte glo in sy besit in hegtenis geneem. Mnr. Katoima Kandunda is...

Vol ambulans bots teen bees

5 ure gelede | Ongelukke

Drie staatspasiënte is vanoggend lig beseer toe ‘n ambulans van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ‘n bees op die hoofpad tussen Otavi en...

Miljoene gevra ná ongeluk leerling eis

16 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – Die ouers van ’n matriekleerling wat in 2016 in ’n motorongeluk dood is en waarin haar vriend ernstig beseer is, dagvaar...

Media 'mishandel' Hage

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting – ’n Hoë prys is vir Namibië se demokrasie betaal en strukture mag nie vir persoonlike en politieke gewin misbruik word nie. “Ons...

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

16 ure gelede | Politiek

Bernardus SwartbooiLandless People's Movement (LPM) Bernardus Clinton Swartbooi het weggebreek van Swapo toe hy in 2017 weens kritiek teen die regering gedwing is om as...

Weer vir 11 November 2019

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde donderstorms in die Noorde, Noordooste en oostelike dele. Elders sal dit gedeeltelik bewolk...

Namibië, China se band opnuut gekap

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob loop veral in die sosiale media deur nadat China se premier, me. Sun Chunlan, gesê het dié land en...

‘Gevaarlike’ man ná vyf dae aangekeer

16 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Vyf dae nadat ’n man onder polisiebewaking uit ’n hospitaal verdwyn het, is mnr. San Ricky Geingob weer agter tralies.Hoofinsp. Kauna Shikwambi,...