M&Z kommersiële voertuie stel veiligheid eerste

Elke aspek van ‘n DiamlerChrysler kommersiële voertuig is met die bestuurder en ander padgebruikers in gedagte ontwerp.
Yochanaan Coetzee
Pg 24 + Nampolo

Yochanaan Coetzee

Mercedez-Benz is bekend vir hul professionele benadering tot besigheid – van navorsing tot die materiaal en arbeid wat hulle gebruik.

Dié benadering het hulle nie net een van die wêreld se grootste en mees gesogte vervaardigers van passasiersmotors gemaak nie, maar ook ’n leier in die kommersiële voertuigmark wêreldwyd.

“Daar is geen ruimte vir foute nie,” sê mnr. Jors Steenkamp, hoofhandelaar by M&Z kommersiële voertuie.

“Veiligheid is van kardinale belang wanneer dit by voertuie kom, veral by kommersiële voertuie, omdat die omvang van die verlies in die geval van ‘n ongeluk, baie groot is.”

“Dit is hoekom ons as DiamlerChrysler se benadering tot veiligheid daarop gemik is om ongelukke, koste weens aanspreeklikheid en beserings sover moontlik te vermy. Ons voertuie word met ander woorde ontwikkel met die verantwoordelikheid om padgebruikers te beskerm, ” sê hy.

Dié motormaatskappy is al dekades lank 'n pionier in veiligheid- en hulpstelsels, met talle kenmerke wat in hul voertuie verskyn het lank voor wetgewers die nodigheid daarvan besef het.

“n Voorbeeld hiervan is Mercedes-Benz se elektroniese stabiliteitstelsel (ESP) wat in 1995 die lig gesien het en die eerste sodanige stelsel was wat wêreldwyd in die S-Klas gebruik is. Slegs 'n paar jaar later is dit gevolg deur heelwat meer komplekse weergawes vir vragmotors, afleweringsvoertuie en busse. ESP word nou al 20 jaar lank suksesvol gebruik en is deesdae 'n standaardkenmerk.

Of dit vragmotors en afleweringsvoertuie van Mercedes-Benz is of busse en minibusse van Daimler, alle kategorie voertuie is met die jongste veiligheid- en hulpstelsels toegerus en kan nou met passasiersvoertuie kompeteer.

Elke aspek van ‘n DiamlerChrysler kommersiële voertuig is met die bestuurder en passasier se gemak en veiligheid in gedagte ontwerp – van die aandryfstelsel, sitplekke en die hantering van die voertuig.

“Produktiwiteit kan direk aan ’n werknemer se werkomstandighede gekoppel word. Gee ’n werknemer goeie toerusting, en jy kan goeie werk verwag. Ons voertuie is daarop gemik om daaglikse werk gemaklik en makliker te maak; terselfdertyd wil ons aan ons kliënte voertuie bied waarop hulle kan staatmaak. Dit is die groot rede waarom kliënte ons voertuie en diens so hoog ag,” sê Steenkamp.

Vertroue en verhoudinge is die sleutel

As dit by kommersiële voertuie kom, is daar baie vereistes waaraan voldoen moet word, met die grootste hiervan veiligheid en opbrengs van belegging.

“'n Vragmotor of bus is ’n groot belegging en kliënte se voertuie moet soveel moontlik in gebruik wees. Die veiligheidstelsels in ons voertuie is daarop toegespits om te verseker dat die voertuig en sy vrag veilig by sy bestemming kom. Staantye in die werkwinkel en herstelkoste moet beperk word, terwyl hoër versekeringspremies en aanspreeklikheidskoste so laag as moontlik gehou moet word.”

Om te verseker dat elke drywer wat agter die stuur van ’n groot DiamlerChrysler kommersiële voertuig klim presies weet hoe die veiligheidstelsels werk en hoe om dit ten volle te benut, word gevorderde bestuurskursusse vir drywers deur gekwalifiseerde instrukteurs aangebied sodat elke vlootdrywer en hul maatskappye hul DiamlerChrysler kommersiële voertuig ten volle kan geniet.

Hul benadering tot die instandhouding van die meganiese komponente staan ook nie terug vir enige ander in die bedryf nie.

“Al kom ‘n voertuig vir slegs ‘n klein verstelling in, voel ons dit is ons plig om die voertuig deeglik na te gaan en aan ons hoogs gevorderde diagnostiese toerusting te koppel sodat ons elke meganiese en elektroniese komponent en stelsel kan evalueer en die sagteware kan opdateer in lyn met die jongste sagteware direk van ons internasionale hoofkantoor in Duitsland.

“Met ander woorde, al is jou DiamlerChrysler kommersiële voertuig drie jaar oud, vind dit baat by dieselfde gehalte sagteware as die nuutste modelle,” sê Steenkamp trots.

“Omdat DiamlerChrysler ‘n leier in die motorvervaardigingsbedryf is, is ons daaraan toegewy om net die beste diens en produkte te lewer. Van die tegnici wat aan die voertuie werk tot die produk en opleiding word hoë standaarde gehandhaaf en ons plaas groot klem op deurlopende opleiding en bevordering van ons werkwinkelspanlede sodat hulle net die beste diens kan lewer. ”

Veiligheid in vragmotors en busse

Van die vele voorbeelde van die hoogs gevorderde veiligheidstelsels van DiamlerChrysler kommersiële voertuie is die Active Brake Assist 3 wat 'n perfekte assistent vir langafstandvragmotors en toeroperateurs is.

“Toerisme en vragvervoer is baie belangrik vir ons ekonomie. Ons moet dus seker wees dat ons voertuie veilig kan reis in enige toestande om lewens en besittings veilig te vervoer,” voeg Steenkamp by.

Die nuwe blindekol-moniteringstelsel is perfek ingestel om vragmotordrywers by te staan met baanverandering op die snelweg of met knap draaie in dorpsgebiede.

Die nuwe stelsel wat verhoed dat geartikuleerde busse knipmes, het reeds sy waarde as unieke veiligheidsfunksie bewys. Kommersiële voertuie wat met die Mercedes-ster spog, het ook die voordeel van die jongste stelsels soos "dwarswindhulp" en "botsingvoorkoming".

Deur hul omvattende diensverskaffing en netwerk, kan M&Z kommersiële voertuie ten alle tye bystand aan hul kliënte bied, of dit by hul werkwinkels in Ondangwa, Swakopmund of Oranjemund is, of in afgesonderde gebiede, is hulle 24 uur, 365 dae ’n jaar beskikbaar vir hul kliënte en poog hulle om, waar moontlik, onderdele binne 24 uur in te voer sodat die voertuie die kortste tyd moontlik buite sirkulasie is.

“Op die ou end kom dit neer op die voertuigbestuurder, en hierdie stelsels is daar om hom te ondersteun. Ons as padgebruikers moet verantwoordelik optree op ons paaie as ons padveiligheid wil bevorder,” sê Steenkamp.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!