M&R beklink R4 mjd. se kontrakte
M&R beklink R4 mjd. se kontrakte

M&R beklink R4 mjd. se kontrakte

Die konstruksiereus sê die projekte sal deur die afdeling verantwoordelik vir olie en gas in die metaal- en mineralesektor in Australasië behartig word.
Elvira Wood - Die toekoms lyk skielik baie rooskleurig vir die konstruksiemaatskappy Murray & Roberts (M&R).

Die maatskappy het kontrakte ter waarde van R4 miljard gesluit vir projekte wat oor die volgende twee jaar voltooi moet word.

Die maatskappy het dié aankondiging vroeg gisteroggend op die JSE se nuusdiens Sens gemaak.

M&R sê die projekte sal deur die afdeling verantwoordelik vir olie en gas in die metaal- en mineralesektor in Australasië behartig word.

Dié afdeling gaan ook saam met sy afdeling verantwoordelik vir ondergrondse mynwese ’n kopermyn in Mongolië ontwikkel.

M&R sê omdat daar die afgelope vier jaar beperkte groei in die olie- en gassektor was, het hy sy aandag spesifiek op Australasië gefokus om nuwe geleenthede in dié mark te ontwikkel.

M&R was die afgelope tyd gereeld in die nuus weens die oornamestryd tussen hom en die Duitse beleggingsfirma Aton.

Aton is besig met ’n aggressiewe oornamepoging waar hy R17 per aandeel vir al M&R se aandele bied. M&R meen weer hy is ten minste tussen R20 en R22 per aandeel werd.

M&R begin Donderdag teen R17,79 per aandeel op die JSE verhandel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!