M&K Gertze meet kragte teen Mariental
-Elizma Ockhuizen, graad 12 , Sekondêre Skool M&K Gertze, Rehoboth
Dit mag dalk April-gekkedag gewees het, maar dié wedstryd was beslis geen grap nie.
Op Saterdag 1 April maak die trotse Sekondêre Skool M&K Gertze se o.19-rugbyspelers hul verskyning op die veld. Twee rye ondersteunende toeskouers wag hulle in, gereed vir die aksie teen Mariental Hoërskool.
Albei spanne se spelers is vol vertroue en dit veroorsaak ’n tikkie paniek in die toeskouers se harte. Dit verdwyn gou met ’n sterk afskop waarna die wedstryd begin. Die bal wissel tussen die spelers en beland in die hande van ’n MHS-speler.
Hy word net betyds gekeer voor hy ’n drie kon druk. Mense, maar daar was so byna ’n skok op die telbord!
’n Oomblik van stilte op die veld en so ook die lyn, dan gaan hulle weer aan.
’n Ligte skakel gevolg deur ’n strafskop. Die res van die bewegings dui geen verandering op die telbord aan nie.
Dis toe dit gebeur: ’n drie vir M&K deur een van die sterspelers, Ronaldo Britzze.
“Mariental, wakker word, wakker word!” skree een van die toeskouers. Lyk my sy het maar net gesê wat in elkeen van ons se gedagtes was.
Ná halftyd keer die spelers terug veld toe om klaar te maak waarmee hulle begin het. MHS besluit genoeg is genoeg en hulle verskyn toe ook op die telbord, 12-10. Sjoe! Waarvandaan kom hierdie gees nou, wonder M&K se spelers? Hul harte is vasgedraai met bloudraad om hierdie wedstryd te wen.
’n Skoon druk is die aanduiding vir nog vyf punte, maar die wind keer toe die skop.
“Dit was nie ons beste nie; ons kan beter doen. Ons teenstanders was gevaarlik, maar ek en die span is bly ons kon as wenners wegstap,” sê Rivaldo de Groot.
Dit was ’n goeie wedstryd, maar op hul eie veld word hulle nie geklop nie.
Dis daar waar hulle hul eerste saadjie geplant het en hulle sien saam as span uit na die seisoen wat vir hulle voorlê!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie