Manchester: Theresa May omgekrap oor uitlek van inligting
Die Britse premier gaan die Amerikaanse president voor stok kry oor inligting oor die Manchester-bomaanval wat aan die media gelek is.
Theresa May, premier van Brittanje, sal pres. Donald Trump van Amerika konfronteer oor die uitlek van belangrike intelligensie oor die Manchester-bomaanval wanneer sy hom Donderdag by die Navo-beraad in Brussel, België ontmoet.
Britse amptenare is ongelukkig omdat vertroulike inligting oor die Manchester-terreuraanval uitgelek het, en meen dit is 'n vertrouensbreuk wat hul ondersoeke kan ondermyn.
Die BBC berig dat die Manchester polisie voortaan inligting van die Amerikaners oor die voorval gaan weerhou.
Dit terwyl die ondersoek na Libië uitgebrei het.
Dit kom nadat die New York Times foto's gepubliseer het van die misdaadtoneel.
Dit was die nuutste van 'n reeks inligting wat aan Amerikaanse joernaliste vanuit die Amerikaanse
intelligensie-gemeenskap uitgelek is.
Brittanje en Amerika deel inligting.
Die berig in die New York Times bevat inligting wat die Britse polisie wou weerhou.
“Ons het groot waardering vir die belangrike verhoudinge wat ons het met ons betroubare intelligensie-, wetstoepassing- en sekerheidsvennote oor die wêreld heen het,” sê die nasionale teen-terrorisme polisiëringskantoor Woensdagaand in 'n verklaring.
“Wanneer daardie vertroue verbreek word ondermyn dit hierdie verhoudinge, en ondermyn dit ons ondersoeke en die vertroue van slagoffers, ooggetuies en hul families. Hierdie skade is selfs groter wanneer potensiële bewyse ongemagtig bekend gemaak word in die middel van 'n groot teen-terreur ondersoek.”
Die polisie in Manchester het Woensdag gesê hulle ondersoek 'n netwerk wat dalk die bomaanval beplan het, en die verdagte se pa en broer is in Tripoli in hegtenis geneem. Sewe mense is tot dusver in Brittanje in hegtenis geneem.
–Netwerk24/ Bloomberg/The Guardian/BBC

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie