Man wat ander man voor hospitaal vermoor, steeds soek
Die polisie ondersoek drie moorde wat op Oujaarsdag en Nuwejaarsdag gepleeg is. Twee daarvan was in en by Windhoek en die derde een in Kavango-Wes.
’n 31-jarige man is Vrydag omstreeks 12:00 in Werner Liststraat tussen Shoprite en die Katolieke hospitaal in Windhoek se middestad met ’n skerp voorwerp, vermoedelik ’n stukkende bottel, in die nek gesteek. Hy het op die toneel gesterf. Die verdagte is aan die polisie bekend en word tans gesoek.
• Saterdag omstreeks 02:00 het ’n 25-jarige man glo sy 33-jarige oom met ’n byl oor die kop gekap. Die voorval het in die Rupara-nedersetting in die Kavango-Wesstreek plaasgevind. Die slagoffer is op die toneel dood. Die twee mans het glo oor ’n flits baklei. Die verdagte is in hegtenis geneem.
• ’n Man is Saterdag in die informele nedersetting Mukwanagombe in Okuryangava doodgesteek. Die twee mans het glo oor ’n snoekerspel aan die stry geraak toe die 27-jarige verdagte die slagoffer doodgesteek het. Die slagoffer is nog nie geïdentifiseer nie, aangesien hy nie in dié informele nedersetting woonagtig is nie.
Foto ter illustrasie: iStock

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie