Man vry ná drie jaar in tronk

22 December 2020 | Howe
Kristien Kruger

'n Man wie se skuldigbevinding op 'n verkragtingsklag nietig verklaar is, is ná drie jaar vrygelaat.

Mnr. Salom Nakale is in 'n appèlsaak in die hoërhof op Oshakati op 'n klag van verkragting teen hom vrygespreek. Hy is drie jaar gelede aan verkragting skuldig bevind en is tot 17 jaar tronkstraf gevonnis.

Nakale, 'n voormalige taxibestuurder, is deur regters Herman January en Johanna Salionga onskuldig bevind op die beweerde verkragting op 21 Junie 2017.

Volgens January kon die staat nie daarin slaag om bo redelike twyfel te bewys dat Nakale skuldig is nie.

Genoegsame bewyse kon nie verskaf word om die klaagster se weergawe van gebeure bo dié van die beskuldigde te glo nie.

AGTERGROND

Nakale is daarvan beskuldig terwyl hy 'n vrou van Eenhana na Oshikango vervoer het, hy sy motor langs die pad gestop het en haar in sy motor verkrag het.

Sy het tydens die verhoor beweer sy het Nakale betaal om haar Oshikango toe te neem om vrugte te koop en na Eenhana terug te neem.

Volgens die klaagster het Nakale haar op pad terug gevra om sy meisie te wees, maar sy het “nee” gesê. Hierna het hy na bewering van die pad getrek, die motor se deure gesluit, haar klere uitgetrek en haar verkrag.

“Ons het daarna na Eenhana gery waar hy my eers na my huis toe geneem het om bokse af te laai en daarna na my stalletjie by die mark waar ek gewerk het,” het sy getuig.

January het tydens die appèlverhoor gesê hy vind dit verdag dat die klaagster gemaklik genoeg was om eers saam met haar beweerde verkragter by haar huis te stop voor sy na die informele mark geneem is.

“As sy werklik gevoel het sy is in gevaar, sou sy nie eerder direk na die mark toe wou gaan waar daar talle mense was wat haar kon help nie?” het hy tydens die uitspraak gestel.

Volgens Nakale was hy en die klaagster in 'n romantiese verhouding en het konsensuele seks nie in die motor plaasgevind nie, maar in die bosse langs die pad waar hy sy motor afgetrek het.

Hy het ná die voorval besef sy het hom van verkragting beskuldig en het hy na die polisiekantoor gegaan om die polisie van die voorval in te lig.

Adv. Taudi Gaweseb het die staat verteenwoordig en adv. Grace Mugaviri vir Nakale.

[email protected]

Soortgelyk

 

Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle

1 uur gelede | Gesondheid

Sewe Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig en wel vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in Grootfontein. Die sterftes in Windhoek sluit 'n 63-jarige...

Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas

16 ure gelede | Misdaad

Hoofredaksie – Een van die transaksies wat deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) as deel van die Fishrot-ondersoek gefynkam word, is 'n bedrag van N$8 miljoen wat...

Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly

16 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – 'n Vermeende glyjakkals wat vir 'n maand saam met sy gesin in 'n gastehuis op Swakopmund gebly en glo nie betaal het...

Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae

16 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerTwee Zimbabwiese mans is Saterdag omstreeks 12:00 op Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die besit was vervalste Covid-19 laboratoriumtoetsverslae van PathCare Namibië.Die mans...

Reënweer bring groot skade

16 ure gelede | Weer

Kristien Kruger – Terwyl Namibië die derde week van swaar neerslae binnegaan, is groot skade reeds aan paaie, landerye en ander infrastruktuur aangerig. Windhoekers is...

Weer vir 11 Januarie 2021

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordweste, verre Weste en dele van die //Kharasstreek. Elders sal dit bewolk en warm tot baie...

Regering slaan toe op klaringsagente

16 ure gelede | Regering

Phillepus Uusiku – Die regering is in die finale fase van die instelling van strenger maatreëls vir die lisensiëring van klaringsagente.Die instellings beoog om die...

Nafau wen in hof teen Shoprite

16 ure gelede | Arbeid

Kristien Kruger en Adolf Kaure – Stakende Shoprite-werknemers was Vrydagmiddag verjuig toe die hoërhof in Windhoek beslis het dat ’n interdik teen die Shoprite-winkelgroep uitgereik...

Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede

16 ure gelede | Infrastruktuur

Kallie Pauw (gasskrywer)Die onlangse wonderlike reën in groot dele van Namibië en verslae daaroor en foto's van vol riviere en dansende boere het mense (soos...