Man vermoor gewese meisie glo met spies
Otis Finck - 'n 51-jarige man is Saterdag op Karibib in hegtenis geneem in verband met die moord op 'n 26-jarige vrou met wie hy na bewering 'n verhouding gehad het.
Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu van die polisie in die Erongostreek het die verdagte na bewering tussen 21:00 en 21:30 die deur van die slagoffer se sinkhuis in die ou lokasie oopgebreek haar aangerand.
Sy kon daarin slaag om uit die huis te vlug en na die bure te hardloop. Hy het haar ingehardloop en haar na bewering verskeie kere met 'n spies op haar rug en haar nek gesteek.
Sy is daar langs die bure se erf dood.
Die verdagte het gevlug, maar is later op Usakos in hegtenis geneem.
Hy sal môre (Dinsdag) in die landdroshof op Karibib verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie