Man verkrag stiefdogter (13) glo

Vrou sterf in brand op Karibib

05 September 2018 | Misdaad
Francoise Steynberg - 'n Man (31) wat glo sy 13-jarige stiefdogter verkrag het, is Maandag borgtog in die landdroshof op Rehoboth geweier.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die voorval Vrydag omstreeks 21:30 in Blok E plaasgevind toe die meisie se ma nie by die huis was nie.

Die stiefpa (sy naam word weerhou om die meisie se identiteit te beskerm) het Maandag vlugtig in die Rehoboth-landdroshof voor landdros Andre Matulich verskyn. Die beskuldigde is borgtog geweier en sou gister om regshulp aansoek doen.

Die beskuldigde het sy stiefdogter na bewering verkrag en gedreig om haar te verwurg en dood te maak, berig Nampa.

Hy het glo aan die slaap geraak en die slagoffer kon daarin slaag om na haar tannie te vlug wat die saak aan die polisie rapporteer het.

Die beskuldigde is borgtog geweier op grond van die ernstige aard van die saak en dat dit nie in openbare belang is nie. Die polisieondersoek is ook in ‘n vroeë stadium.

Aanklaer Zibiho Hillia Munzenze het vir die staat verskyn.

'n Dertigjarige man het glo Saterdag omstreeks 06:00 op Plot 313 Arian naby Aroab in die ||Kharasstreek 'n 27-jarige vrou verkrag.

"Die twee het glo saam gedrink. Die verdagte is in hegtenis geneem en die polisieondersoek duur voort," lui die misdaadverslag.

BRAND

Me. Josephine Beukes (47) het Sondag tussen 03:40 en 04:00 in die Harambee-nedersetting op Karibib 'n vlammedood gesterf nadat 'n brand in haar sinkhuis ontstaan het.

"'n Brandende kers het die brand vermoedelik veroorsaak," lui die misdaadverslag.

"Haar naasbestaandes is van haar dood ingelig en die polisieondersoek duur voort."

MOORDE

Vyf mense is die naweek vermoor.

Mnr. Benjamin Urion (40) het Sondag aan sy beserings in die Katutura-staatshospitaal beswyk nadat hy glo Saterdag tussen 21:00 en 22:00 op die plaas Kransneus naby Groot Aub deur ’n groep mans geskop en geslaan is.

"Een 21-jarige manlike verdagte is in hegtenis geneem, maar sy medepligtiges is nog op vrye voet," lui die misdaadverslag.

'n Vrou, me. Losina Niho (29), is ook een van die vyf moordslagoffers. Sy het Sondag omstreeks 21:45 by 'n huis in Oshakatistraat in die Havana-buurt in Wanaheda aan 'n meswond beswyk.

Die verdagte, 'n 47-jarige man, het volgens die verslag homself aan die polisie oorgegee.



Die 17-jarige Epson Eibeb het Sondag omstreeks 22:20 by 'n huis in Omulungastraat in die Hakahana-buurt in Wanaheda gesterf nadat hy en ’n man, wat hom glo met 'n mes gesteek het, glo in 'n bakleiery was. Die verdagte word steeds deur die polisie gesoek.

Sondag omstreeks 03:00 op die plaas Otjomukona in die Aminuis-gebied in die Omahekestreek het mnr. Kahepako Tjiuieza (21) op die toneel gesterf nadat hy glo deur ’n 20-jarige man met 'n spies in sy bors gesteek is.

"Hulle het glo 'n argument oor 'n selfoon gehad wat Tjiueza glo aan die verdagte gegee het. Die verdagte is in hegtenis geneem," lui die verslag.

Op Rehoboth is 'n 25-jarige man in hegtenis geneem nadat mnr. Paul Afrikaaner (34) Saterdag omstreeks 09:50 in Blok E glo met 'n Okapi-mes in die nek gesteek is.



ONGELUKKE

Twee mans het in twee afsonderlike motorongelukke Saterdag in die Khomasstreek gesterf.

Mnr. Charles Muondo (49) het omstreeks 20:30 op die ou dienspad in Okahandja Park in Wanaheda in 'n trompop botsing tussen 'n bakkie en 'n sedan gesterf. Die bestuurder van die sedan is volgens die polisie beseer.

Die ander ongeluk het ook Saterdag omstreeks 20:30 op die pad tussen Windhoek en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, sowat 3 km wes van die Kapps Farm-padblokkade, gebeur.

Mnr. Mojenda Stephanus (61) is deur 'n bakkie raakgery en het op die toneel gesterf.

Twee jong mans van 20 en 24 jaar oud is Saterdag omstreeks 19:00 op Khorixas in hegtenis geneem nadat hulle glo met twee sakkies dagga en vyf Mandrax-tablette in hul besit betrap is.

Soortgelyk

 

Hepatitis E woed landswyd voort

20 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Kort duskant ‘n jaar ná ‘n uitbreking van hepatitis E amptelik in Desember 2017 in Windhoek verklaar is, is byna 4...

Nuwe plan teen misdaad onthul

20 ure gelede | Misdaad

Denver KistingRooftogte, veral gewapende rooftogte, het in die afgelope ses jaar met 44% die hoogte in geskiet.Dié syfer is vervat in misdaadstatistieke van die afgelope...

Hittegolf rý Namibië

20 ure gelede | Weer

Ondangwa is vandag die heel warmste plek met ‘n verwagte maksimum temperatuur van 41°C. Boonop word geen verligting van snikhete temperature hierdie naweek verwag nie....

SOE’s: Direksies moet vir mislukkings pa staan

20 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Voor staatsondernemings (SOE’s) nie prestasiegedrewe volgens goeie korporatiewe beginsels bestuur word nie, sal die ekonomie nie beter vaar nie.Daarom sal die vergoeding...

Weer, Vrydag 16 November 2018

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en bloedig wees. Enkele donerbuie word in Otjozondjupa, Khomas en Omaheke verwag.KUS:...

Kalender 16 November

20 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die 2018 Unam Visuele Kunste-uitstalling aan, wat tans in die hoofgalery van...

Die misterie van poësie

20 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Terwyl die meerderheid van die mensdom soggens teen die wekker stoei, kinders vir skool aantrek, die hewige verkeer aandurf en uiteindelik laat vir...

Ons is nie teen gays, sê Sioka

20 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, sê die regering het niks teen gay mense nie.Sý veral diskrimineer nie teen...

Mense oor miltsiekte gewaarsku ná 2 uitbrekings

20 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - ’n Bewegingsverbod vir diere is by Sesfontein en die Bwabwata Nasionale Park ingestel nadat uitbrekings van miltsiekte op 1 November in dié...