Man 'verbrysel meisie se gesig met 'n klip'
Man 'verbrysel meisie se gesig met 'n klip'

Man 'verbrysel meisie se gesig met 'n klip'

Maria Eiseb
Maria Eiseb - ’n Jong vrou, me. Lisina Aube Harases (30), is glo gister in die vroeë oggendure agter die Sophia Shaningwa-brandweerstasie op Outjo vermoor.

Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek, ao. Maureen Mbeha, was Harases ten tyde van die voorval op pad werk toe.

Die polisie se verslag dui aan haar gewese kêrel haar glo agtervolg, aangerand, verkrag en vermoor.

Mnr. Paul |Aib, die oorledene se oom, het gesê Aubes, soos sy bekend gestaan het, het altyd vroeg opgestaan en werk toe gestap - wat glo ’n hele ent van hul huis in die Soweto-woonbuurt af is.

|Aib het gesê hy slaap daardie tyd van die oggend nog en vermoed die verdagte het vir Harases agtervolg.

Die pad na haar werk is glo dig begroei - veral ná die goeie reëns.

“Hy het haar baie wreed doodgemaak, haar gesig is heeltelmaal geskend,” het |Aib gesê.

Hy het voorts vertel Harases en die verdagte was in ’n stryery betrokke waartydens hy glo gedreig het om haar te vermoor.

Uit vrees het sy glo die huis waar hulle saamgewoon het, verlaat en by haar suster ingetrek.

Sy het die verdagte toe ook by die polisie gaan verkla waarna hy in aanhouding was.

“Sy het die saak egter teruggetrek en hy het haar kort daarna kom doodmaak,” het |Aib gesê.

Harases het haar kollegas soggens vroeg wakker gebel en het na wat verneem word altyd eerste by die werk opgedaag.

Me. Melodi |Uiras, een van die oorledene se kollegas, het glo bekommerd geraak toe Harases nie vir werk opdaag nie.

“Ons het vir mekaar gevra hoekom sy laat is en waar sy kan wees,” het |Uiras gesê.

Volgens haar was Harases ’n stil mens, maar het glo gereeld oor die geweld in die verhouding gekla.

“Dit is baie emosioneel vir ons. Ons dorpie is ’n klein plekkie, maar vroue word baie lelik doodgemaak,” het |Uiras gesê.

Volgens Mina |Ais, ’n niggie van Harases, was die verdagte ’n baie “rowwe en gewelddadige” mens.

“Hy het haar altyd geslaan en sy het die verhouding gereeld beëindig en hom dan weer teruggevat,” het sy gesê.

Harases se liggaam is deur ’n verbyganger ontdek waarna die polisie van die voorval in kennis gestel is.

Sy het glo haar werksuniform aangehad.

Insp. Adolf Xamiseb, die dorp se stasiebevelvoerder, het gesê die verdagte is by sy huis in die Etoshapoort-nedersetting in hegtenis geneem is tans in polisieaanhouding.

Volgens Xamiseb sal die verdagte vandag in die hof op die dorp verskyn.

Harases laat drie kinders agter.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.55 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.17/OZ DOWN -0.0018 | Copper US$ 4.43/lb UP +0.60% | Zinc US$ 2 818.40/T UP 0.59% | Brent Crude Oil US$ 87.91/BBP DOWN -0.0048 | Platinum US$ 903.72/OZ DOWN -0.0068 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.55 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.17/OZ DOWN -0.0018 | Copper US$ 4.43/lb UP +0.60% | Zinc US$ 2 818.40/T UP 0.59% | Brent Crude Oil US$ 87.91/BBP DOWN -0.0048 | Platinum US$ 903.72/OZ DOWN -0.0068