Man vas oor olifanttand
Francoise Steynberg - 'n Namibiese man (41) is Dinsdagaand op Oshakati in besit van een olifanttand, 'n sak vervalste diamante en bondels Zimbabwiese dollars in hegtenis geneem.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is die verdagte se kamer omstreeks 18:30 deursoek en die olifanttand is in 'n skouersak gevind, toegedraai in koerantpapier.
"Nog 'n sak is in sy klerekas gevind waarin vervalste diamante en bondels Zimbabwiese dollars was," sê die polisie.
Die verdagte sal vandag in die landdroshof op Oshakati op 'n klag van die onwettige besit van beheerde wildprodukte en vervalste diamante verskyn.
In Windhoek sal twee mans vandag op dieselfde klag verskyn nadat hulle Dinsdag tydens 'n polisieklopjag in besit van drie jagluiperdvelle ter waarde van N$150 000 by 'n winkelsentrum in Klein Windhoek in hegtenis geneem is.
Voorts is 'n 36-jarige man by die Mururani-beheerpunt met dagga in 'n bruin pakkie in sy bakkie tydens 'n polisiesoektog in hegtenis geneem. Die waarde van die dagga is onbekend en die ondersoek duur voort. Die verdagte verskyn vandag in die landdroshof op Rundu.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie