Man vas oor lyk in vlak graf
Henriette Lamprecht - ’n Man wat ’n klag van verkragting in die gesig staar, is in hegtenis geneem in verband met die moord van ’n man wat vroeër op Groot-Aub as vermis aangemeld is. Die lyk van die 59-jarige mnr. Franz Sherer is Dinsdag in ’n vlak graf buite die dorp gevind. Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj. komm. Edwin Kanguatjivi, het Sherer Maandag na sandgate buite die dorp gery om sand te gaan laai soos wat hy gereeld gedoen het. Toe hy egter nie in die normale tyd terugkeer nie, het sy vrou onraad vermoed en daar na hom gaan soek.
“Sy het by die sandgate na hom gaan soek, maar geen teken van hom of sy motor gekry nie,” het Kanguatjivi gesê.
Volgens Kanguatjivi het sy die hulp van die polisie op die dorp ingeroep wat ook die toneel sonder enige sukses besoek het. Sy het gevolglik haar man as vermis aangegee.
Dinsdag het sy na die toneel teruggekeer en haar man se motor met bloedspatsels gevind. ’n Graaf met bloedspatsels is glo ook op die toneel gekry. Sherer se vrou het die polisie in kennis gestel wat na die toneel teruggekeer en die omgewing gefynkam het. Volgens Kanguatjivi is Sherer se oorskot nie ver van sy motor nie, in ’n vlak graf gevind.
Volgens Kanguatjivi het ’n opvolgondersoek die polisie op die spoor van ’n verdagte wat vroeër vir verkragting aangekeer is, gelei. Dié verdagte is nou ook vir die moord op Sherer in hegtenis geneem.
“Die verdagte sal eers op ’n aanklag van verkragting in die hof in Windhoek verskyn, waarna hy op die tweede aanklag en wel van moord sal verskyn.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie