Man vas oor foto van afgemaaide vissermanne

Die staatshoofde van Botswana en Namibië vra inwoners vir kalmte en vrede.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer

Terwyl Botswana se staatshoof sy regering tot “dialoog en aktiewe betrokkenheid” oor kwessies voortspruitend uit die dood van die Nchindo-broers en hul neef verbind het, is ’n man in die buurland in hegtenis geneem wat ’n foto van dié afgemaaides versprei het.

Pres. Mokgweetsi Masisi se kantoor het Sondag in ’n verklaring gesê hy en pres. Hage Geingob was Saterdag telefonies in gesprek en is vasbeslote om die kwessie “spoedig, sensitief en vreedsaam” op te los.

Die Nchindo-broers, Tom, Wamunyima en Martin, is op 5 November saam met hulle neef, mnr. Sinvula Munyeme van Zambië, by Kasane langs die Choberivier deur die Botswana-weermag (BDF) se teenstropingseenheid doodgeskiet. Hulle was glo besig om vis te vang.

Dit het die spanning tussen die grensgemeenskappe in die Zambezistreek en die owerhede en Botswana oor verskeie soortgelyke voorvalle in die verlede, tot breekpunt gedryf.

Intussen is ’n lid van die Botswana Patriotic Front (BPF), een van die opposisiepartye in die buurland, in hegtenis geneem nadat hy ’n foto van die vier dooie mans op ’n WhatsApp-groep van die party versprei het.

’n Weekblad in Botswana, The Monitor, het gister berig mnr. Isaac Keleagetse van Francistown is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy ’n foto van die vissermanne in die sosiale media versprei het.

Volgens die berig “Slain Namibians’ photo lands man in jail” het hy dit op ’n WhatsApp-groep van ’n opposisieparty versprei.

Keleagetse het Saterdag in ’n Facebook-plasing laat blyk hy het tans nie ’n selfoon nie, want dit word deur die “reg” geïnspekteer.

Masisi se perssekretaris, mnr. Batihalefi Leagajang, sê in die verklaring die buurland se staatshoof het kennis geneem van Geingob se verskoning oor die gebeure Saterdagmiddag by die Ngoma-grenspos. Mense in die skare wat op die aankoms van die lyke van die vier vissermanne gewag het, het lorries uit Botswana met klippe bestook het.

Geingob het luidens hom in die telefoniese gesprek ook sy spyt uitgespreek oor die gedrag tydens protesoptogte toe Botswana se nasionale vlag aan die brand gestreek is.

“Die twee leiers het weer eens ’n beroep op inwoners van die twee lande gedoen vir kalmte en vrede,” sê Masisi se perssekretaris.

Die vier mans en die broers se moeder, me. Alphonsina Nkungano Mubu (69), word vandag op Impalila-eiland begrawe. Sy is enkele dae ná haar seuns dood, vermoedelik weens die skok en trauma.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!