Man vas nu00e1 kleuterverkragting
Man vas nu00e1 kleuterverkragting

Man vas ná kleuterverkragting

Tsumeb, Keetmanshoop, Mariental en Okahandja was die naweek die toneel van beweerde misdade.
Henriette Lamprecht – ’n Vyfjarige meisie is glo die naweek by haar huis verkrag waar sy naby ’n motorhuis gespeel het.

Volgens die polisie se jongste misdaadverslag het die voorval Sondag in die Westdene-woonbuurt op Keetmanshoop plaasgevind.

Die kleuter is medies ondersoek en volgens die polisie is ’n 27-jarige man in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die ondersoek duur voort.

Op Tsumeb word ’n 45-jarige man volgens die bepalinge van die wet op die bekamping van verkragting ondersoek nadat hy glo alkohol en tabak aan ’n 14-jarige seun verskaf het en hom daarna verkrag het.

Die voorval het Vrydag omstreeks 23:00 op die plot Protea in die Tsumeb-distrik plaasgevind.

Volgens die polisie het die slagoffer aan sy pa vertel wat gebeur het.

Hy is vir ’n mediese ondersoek na die staatshospitaal op Tsumeb gebring. Die 45-jarige verdagte sal in die landdroshof op die dorp op ’n aanklag van verkragting verskyn.

Saterdag het ’n man ’n 17-jarige hoërskoolleerling in die vroeë oggendure in bosse naby ’n kragstasie by die Oshiwanapenduka-woonbuurt op Mariental na bewering probeer verkrag.

Die voorval het tussen 04:00 en 05:00 plaasgevind.

Die verdagte het die meisie na bewering na die bosse gelok, haar met ’n mes gedreig en haar beveel om haar klere uit te trek.

Toe die meisie weier, het die verdagte haar glo met die mes in die regterknie en onder die regtervoet gesteek.

Tydens nog ’n voorval het ’n 25-jarige man Saterdag tussen 01:00 en 02:00 glo ’n 28-jarige vrou na die bosse oorkant die Shamu-supermark in Nau-Aib, Okahandja, gesleep en verkrag.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!