Man val by NamWater deur die dak
'n Jong man het vanoggend (Maandag) omstreeks 11:00 by NamWater se hoofkantoor in die noordelike nywerheidsgebied deur die dak geval en gesterf.
Die nasionale watervoorsiener het in 'n verklaring gesê die man was in diens van 'n kontrakteur wat roetine instandhoudingswerk aan die gebou gedoen het.
Hy het deur die dak geval toe hy besig was om dit te verseël.
"NamWater betreur die voorval en betuig sy meegevoel met die familie van die oorledene," lui die verklaring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie