Man sterf op Walvisbaai-Swakopmund-pad
Die 27-jarige Franico Esly Huseb is vandag omstreeks 07:30 dood, nadat die bakkie waarin hy op reis was op die pad tussen Swakopmund en Walvisbaai die pad verlaat en omgeslaan het. Twee passasiers was saam met Huseb in die bakkie. Volgens die Namibiese polisie het Huseb onderweg van Walvisbaai na Swakopmund naby Dolfynstrand beheer oor die voertuig verloor, waarna dit die pad verlaat en omgeslaan het. Een van die passasiers, ‘n 26-jarige Namibiese man, is lig beseer. Huseb is ernstig beseer en is na die staatshospitaal op Walvisbaai vervoer waar hy kort ná sy aankoms gesterf het.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie