Man sterf 'n maand ná sy troudag
Tanja Bause - Presies 'n maand nadat mnr. Kaonge Kaura (26) in die huwelik getree het, is hy in die Lady Pohamba-hospitaal oorlede nadat hy Maandagnag in 'n botsing met 'n bees betrokke was.
Die ongeluk het omstreeks 05:00 sowat 5 km buite Otjiwarongo op die Kalkfeldpad gebeur.
Kaura het uit Grootfontein gery en was op pad Omaruru toe om betyds by die werk te wees toe hy in die botsing betrokke was.
Kaura het vir Standard Bank op Omaruru gewerk en sy vrou, dr. Monique Wohler-Kaura, is 'n mediese praktisyn op Grootfontein.
“Hulle was baie lief vir mekaar en die lang afstand was vir hulle baie moeilik. Maar hul werksomstandighede het nie toegelaat dat hulle bymekaar kon wees nie. Dit is hoekom hy so vroeg in die oggend op die pad was,” het me. Daleen Wohler, sy skoonma, gesê.
Haar dogter sou op 1 Mei op Otjiwarongo begin praktiseer het sodat hulle nader aan mekaar kon wees.
“Kaonge was soos 'n seun in my huis. Hy was nie soos my skoonseun nie, maar my seun. Dit is die band wat daar tussen my en hom en tussen hom en die ander kinders in die huis was,” het Wohler gesê.
“Dit is oor sy menswees en die liefde en respek wat hy vir sy medemens gehad het. Mens kon die liefde wat hy vir my dogter gehad het, voel en sien,” het sy gesê.
“Ek wil ook vra dat enigiemand wat regstappe namens my seun wil doen, dit asseblief moet laat vaar. Dit gaan hom nie terugbring nie en dit sal dit net vir Monique moeiliker maak. Ons moet vrede vind,” het Wohler gepleit.
“Ek self is 'n boer en het op 'n plaas grootgeword en die droogte is 'n probleem. Om nou stappe te wil doen, sal nie ons lyding verminder nie.
“Die leemte wat hy laat, nie net in sy ouerhuis en by sy familie nie, maar ook by ons familie, sal nie maklik gevul kan word nie,” het Wohler gesê.
Kaura word Sondag by die Okongoro-reservaat ter ruste gelê. Verrigtinge sal om 07:00 begin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie