Man sterf ná boom glo op hom val
Die liggaam van mnr. Gert Slammert (66) is Woensdag omstreeks 20:35 by Koës se nedersettingsraad gevind.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het 'n boom dalk op die oorledene se kop geval, want hy is met beserings aan sy kop gevind. 'n Nadoodse ondersoek sal egter die oorsaak van sy dood bepaal. Die polisieondersoek duur voort.
Sy naasbestaandes is van sy dood ingelig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie