Man sterf in tref-en-trap-ongeluk
Jessica Botes – Die Namibiese polisie is op soek na die bestuurders van drie voertuie wat in ’n tref-en-trap-ongeluk tussen Swakopmund en Walvisbaai Saterdag betrokke was.
Die ongeluk het glo tot die dood van een persoon gelei.
Volgens die ondersoekbeampte van die polisie in die Erongostreek, speurderinspekteur Daniel Gurirab, het die oorledene, mnr. John Robinson (38), langs die hoofpad gestap en ’n saamrygeleentheid na Walvisbaai gesoek toe hy omstreeks 03:00 deur ’n voertuig getref is.
“Familielede van die oorledene het vertel dat hy saam met sy twee susters en sy twee jong dogters van Walvisbaai af na Langstrand toe gegaan het. Hulle het tot die vroeë oggendure van Saterdag daar partytjie gehou," het Gurirab gesê.
"Omstreeks 03:00 het hy na die hoofpad gestap om ’n saamrygeleentheid te soek. Die res van die familie het op Langstrand agtergebly. Terwyl hy op die B2-hoofpad gestap het, is hy glo deur ’n klein, wit bakkie getref. Twee sedanvoertuie wat agter die bakkie gery het, het glo ook oor hom gery,” het Gurirab gesê.
“Al die voertuie was van Swakopmund op pad Walvisbaai toe. Die drie bestuurders het glo gestop nadat hulle agtergekom het dat hulle oor iemand gery het, maar hulle het toe van die toneel af gevlug."
Die polisie versoek die drie bestuurders of hul passasiers om met die polisie in verbinding te tree sodat die saak opgelos kan word.
Volgens Gurirab kan die bestuurders aangekla word van strafbare manslag en die versuiming om die omvang van die beserings vas te stel.
Die ongeluk het 15 kilometer van Walvisbaai plaasgevind.
Enige iemand met inligting kan adj.komm. Erastus Ikuyu by 081 246 4757 of die naaste polisiekantoor kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie