Man sterf in kop-aan-kop-botsing
Tanja Bause
Om middernag Saterdag het 'n man sowat drie kilometer buite Rehoboth in 'n kop-aan-kop-botsing gesterf.
Volgens die Namibiese polisie het die bestuurder van 'n sedanvoertuig glo 'n ander voertuig in 'n draai verbygesteek en teen 'n aankomende vragmotor gebots.
Die bestuurder (44) van die sedanvoertuig het op die toneel gesterf en een passasier (25) is in die hospitaal op Rehoboth met ernstige beserings opgeneem.
Die bestuurder van die vragmotor en sy vrou is nie in die ongeluk beseer nie.
Al vier betrokkenes by die ongeluk is Zimbabwiese burgers.
Die vragmotor het glo voertuie vir die tweedehandse motorhandelaar Jan Japan vervoer.
Volgens adj.komm. Amalia Gawanas, hoof van die Namibiese polisie se verkeersafdeling, mag vragmotors met abnormale vrag net tot 16:00 op paaie wees.
“Gewone vragmotors mag deur die nag op paaie wees. Gedurende vakansies sal die ministerie van werke en vervoer datums bekend maak wanneer geen vragmotors gedurende die nag mag ry nie. Dit is gewoonlik oor die vakansietye wanneer paaie baie besig is en die spesiale verbode dae op vragmotors van toepassing is,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie